Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Afvalpotjie met patat en romerige bolletjies

Dié potjieresepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se supergewilde kosprogram Laat die potte prut.

c
Die Bosveld-bakkeneers is een van Laat die potte prut se wenspanne.

Die resep hieronder is deur een van Laat die potte prut se wenspanne, Bosveld-bakkeneers.

Voorpot: Peri-peri-hoenderlewertjies

Vir die sous

Bestanddele

  • 4 e sonneblomolie
  • 2 medium uie, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 e rissiepoeier
  • 1 e paprika
  • 250 g sampioene, opgekap
  • 250 g spek, opgesny in klein blokkies

Metode

1. Verhit die sonneblomolie in die pot, gooi die knoffel en uie by en braai tot gaar.

2. Voeg die rissiepoeier en paprika by.

3. As die mengsel dik raak, voeg so ’n bietjie water by.

4. Roer vir 3 minute sodat die sous nie vasbrand nie.

5. Voeg nou die sampioene en spek by en maak gaar.

6. Skep die mengsel uit en plaas eenkant.

Begin die lewertjies gaarmaak in die pot sonder om die pot uit te was.

Vir die lewertjies

Bestanddele

  • 2 e olyfolie vir die lewertjies
  • 4 e hoenderspeserye
  • 4 e worcestersous
  • 1 kg vars hoenderlewertjies
  • 500 ml room
  • 1 pakkie Ina Paarman-peri-peri-sous
  • Sout en peper na smaak

Metode

1. Verhit die pot tot baie warm.

2. Gooi 2 eetlepels olyfolie in die pot en dan die lewertjies en braai vinnig tot geseël.

3. Voeg die worcestersous en hoenderspeserye by en roer deur.

4. Braai vir 3 tot 5 minute.

5. Voeg die sampioen-en-spek-mengsel by en roer deur.

6. Gooi die Ina Paarman-sous en die room by.

7. Laat stadig prut vir so 5 minute.


Hoofpot: Afvalpotjie

c

Bestanddele

  • 2 kg skoon afval
  • 2 l water, om die afval in te kook
  • ¾ k witasyn
  • 6 uie, fyngekap
  • 5 e sonneblomolie
  • 4 heel naeltjies
  • 5 heel kaneelstokkies
  • 4 t sout
  • 2 t suiker
  • 4 t borrie
  • 2 e paprika
  • 2 t rissiepoeier
  • 8 e masalapoeier
  • 10 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 k warm water
  • 800 g klein skenkels
  • 800 g baba-aartappels
  • Sout en peper na smaak
c

Metode

1. Kook die afval met 2 liter water en asyn op hoë hitte vir 30 minute.

2. Gooi die water af, spoel die afval vinnig af en sit eenkant.

3. Gooi die olie, naeltjies, kaneelstokkies en uie in ’n groot pot met olie op matige hitte.

4. Roer ’n bietjie tot bruin gebraai. Voeg 3 eetlepels water by en roer. Doen dit 3 keer.

5. Gooi die sout, suiker, knoffel, borrie, paprika, rissiepoeier en masala by.

6. Voeg ’n bietjie water by en kook vir 10 minute. Begin jou pot lekker warm maak.

7. Voeg die skenkels by en roer deur totdat alles bedek is.

8. Gooi aartappels en ’n koppie warm water by en laat prut oor matige hitte vir 3 uur.

9. Voeg elke 30 minute nog ’n ½ koppie warm water by. 10. Voeg sout en peper by na smaak.

11. Hou die pot die laaste halfuur mooi dop. Gooi nog ’n bietjie water by indien nodig sodat jy ’n lekker sousie het.


Bypot: Soetpatat

Bestanddele

  • 3 medium rooipatat, in dik skywe gesny.
  • 1 k suiker
  • 4 e botter
  • 2 kaneelstokkies

Metode

1. Verhit die pot tot baie warm. Gooi die botter in die pot en laat smelt.

2. Voeg die suiker by en laat dit ook smelt.

3. Voeg die kaneelstokke by.

4. Laat alles lekker karameliseer en gooi dan die patat in.

5. Verlaag die hitte na medium en prut vir 45 minute.

6. Roer so nou en dan. Laat staan die pot vir 20 minute.


Bypot: Romerige broodbolletjies

Bestanddele

  • 1 kg koekmeel
  • 10 g kitsgis
  • 15 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 80 g botter
  • 340 ml koue water
  • 260 ml louwarm water
  • 240 ml room
  • 100 ml melk
  • 1 pakkie aartappelgebakpoeier

Metode

1. Sif die meel, gis, sout en suiker in ’n skottel en vryf die botter daarby in totdat dit ’n krummelrige tekstuur kry.

2. Voeg die louwater by en begin knie.

3. Voeg dan die koue water ook stadig by terwyl jy knie.

4. Knie die deeg vir omtrent 5 tot 7 minute totdat die deeg nie meer aan jou hande vasklou nie.

5. Maak die deeg toe in ’n plastieksak en laat rus vir 45 minute.

6. Smeer die pot met ’n bietjie olie of kleefwerende sproei.

7. Sodra die deeg se volume verdubbel het, kan die deeg in bolletjies gevorm word (omtrent die grote van ’n snoekerbal). Pak die bolletjies in die platboompot met ’n klein bietjie plek tussen elke balletjie.

8. Gooi die melk, room en die aartappelgebakpoeier in ’n bakkie met ’n knippie sout en roer.

9. Gooi die roommengsel bo-oor die deeg en plaas op lae hitte.

10. Plaas ’n paar (so 4) kole bo-op die deksel sodat die brood van bo af ook gaar kan word. Die bolletjies sal 45 tot 60 minute neem om te bak.

Nuwe episodes van Laat die potte prut wys elke Dinsdag om 20:30 met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 20:30.

Meer oor:  Via  |  Resep  |  Laat Die Potte Prut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.