Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Alles-in-een-ontbyt en jambalaia

Op VIA se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis.

Alles-In-Een-Ontbyt

Alles-in-een-ontbyt
Alles-in-een-ontbyt

Bestanddele

  • 800 ml botter
  • 500 ml fyngekapte sampioene
  • 1 ui fyngekap
  • 5 ml gemengde kruie
  • 6 snye brood
  • 12 skywe ham
  • 6 kaasvelletjies
  • 6 eiers
  • sout en peper

Metode

1. Braai die uie, sampioene en kruie in ’n pan.

2. Rol die snye brood dun uit met ’n roller en smeer weerskante met botter.

3. Voer ’n muffinpannetjie uit met die brood.

4. Sit ham op die brood.

5. Plaas ’n velletjie kaas op die ham.

6. Skep die sampioen-en-uiemengsel op die kaas.

7. Breek ’n eier in elke holte.

8. Gooi sout en peper op die eier.

9. Bak by 180 °C totdat die wit van die eier gestol het.

Jambalaia

Jambalaya
Jambalaya

Bestanddele

  • 90 ml olie
  • 8 hoenderdye
  • 1 chorizo-worsie in ringetjies gesny
  • 2 selderystingels in ringetjies gesny
  • 1 wortel in ringetjies gesny
  • 1 ui fyngekap
  • 6 knoffelhuisies fyngedruk
  • 4 brandrissies in ringetjies gesny
  • 1 rooi soetrissie in repies gesny
  • 1 geel soetrissie in repies gesny
  • 400 g rys
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 200 ml witwyn
  • 1 blik Mexikaanse tamatiemengsel
  • 5 ml droë origanum
  • 5 ml suiker
  • 100 ml vars pietersielie fyn gekap
  • 5 ml droë basielkruid
  • sout en peper

Metode

1. Voorverhit olie in ’n groot pot en braai die hoender en chorizo tot goudbruin. Skep dit uit die pot.

2. Braai nou die seldery, wortel, ui, brandrissies, rooi en geel soetrissies en knoffel tot sag.

3. Voeg die rys by en braai liggies.

4. Roer die kruie, suiker, hoenderaftreksel en wyn by.

5. Plaas die hoender en worsies bo-op.

6. Sit die deksel op en kook totdat die rys sag is. Wees versigtig dat niks vasbrand nie!

Pruim-clafoutis

Pruim-clafoutis
Pruim-clafoutis

Bestanddele

  • 800 g ontpitte vars pruime
  • 60 g koekmeel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 80 g strooisuiker
  • 3 ekstra groot eiers geklits
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Versiersuiker om oor te strooi
  • Dikroom om daarby te bedien

Metode

1. Smeer ’n oondbak met botter.

2. Pak jou vrugte in die oondbak.

3. Sif die meel, strooisuiker en bakpoeier saam.

4. Meng die room, melk, vanieljegeursel en eiers.

5. Roer die melkmengsel by die meelmengsel.

6. Meng totdat dit glad is.

7. Oor die rugkant van ’n lepel gooi die beslag oor die vrugte.

8. Bak vir 40 minute by 200 °C.

9. Strooi gesifte versiersuiker oor en bedien met dikroom.

  • Nuwe episodes van word elke Woensdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 17:00.
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.