Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Anmar se rysslaai met aarbeie en truffels
Rysslaai. Foto: Ian du Toit

Mooi en maklik. As jy die kaastruffels self wil maak, begin dit ’n paar dae voor die tyd, anders kan jy dit koop of met Deense fetakaas vervang.

Jy benodig:

  • 1 bakkie vars aarbeie, gewas en kroontjies afgesny
  • 250 ml gaar Spekko-bruinrys* (of basmati)
  • ’n handvol vars kruisementblare

Slaaisous

  • 3 lemmetjies (sap en skil)
  • 50 ml sesamolie
  • 50 ml heuning
  • fyngemaalde swartpeper
  • soutvlokkies

Garnering

  • eetbare blommetjies
  • sowat 18 Labneh-kaastruffels,
  • tuisgemaak of gekoop

Só maak ’n mens:

1. Was en sny die aarbeie se stronkies af en sny hulle middeldeur. Druk een lemmetjie se sap oor die aarbeie en maal heelwat swartpeper bo-oor.

2. Pak die aarbeie uit op ’n plat bord en sprinkel die gaar rys tussen en effe bo-oor die aarbeie.

3. Rangskik die hangop-kaastruffels en vars kruisementblaartjies daarom.

Slaaisous: Meng die lemmetjieskil, sap, sesamolie en heuning saam en geur met sout en peper.

Giet die sous oor die rysslaai en garneer met blommetjies en kaastruffels.

* Om Spekko-bruinrys te kook, voeg 250 ml rou rys, 750 ml koue water en 5 ml sout in kastrol en verhit op hoog met die deksel op totdat dit begin kook. Draai die plaat se hitte laer en prut bedek vir 40-45 minute. Laat afkoel vir slaai.

Om hangop-kaas vir Labneh-truffels te maak:

  • 1 liter volroom ongegeurde jogurt
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 lemmetjie, sap en skil
  • sout en swart peper na smaak
  • geroosterde sesamsaadjies (opsioneel, vir rol)

Maak só: Meng die knoffel, lemmetjieskil- en sap by die jogurt en geur met sout en peper. Plaas die jogurt in ’n moeseliendoek. Om dit maklik te maak, plaas die lap in ’n bakkie, giet die jogurt in, bring die punte bymekaar en knoop.

Hang die lap op in ’n koel area (of yskas) met ’n bakkie onder wat die drup kan opvang. Ná drie dae behoort die kaas styf genoeg te wees om in balletjies te rol.

Opsioneel: Rol die Labneh-truffels in geroosterde sesamsaadjies.

Meer oor:  Resep  |  Slaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.