Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Antie Flori se beeslewer met kapokaartappels en uie

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Heerlik halaal kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken – en hulle wil hê dat nie-halaaleters ook moet saamsmul. Dié resep is halaal-vriendelik, maar kan ook deur almal geniet word. In dié episode: Die geliefde antie Flori Schrikker deel haar resepte vir beeslewer met kapokaartappels en uie asook roly-poly met groente.

Beeslewer met kapokaartappels en uie

Beeslewer met kapokaartappels en uie
Beeslewer met kapokaartappels en uie
  • 1 kg beeslewer

  • 6 groot uie
  • kookolie
  • sout en swartpeper
  • bruinasyn
  • 6 groot aartappels

1. Maak die beeslewer skoon.

2. Sny die lewer in dun stukkies en laat dit een tot twee uur in die asyn lê.

3. Sny solank die uie in ringe.

4. Kook die lewer in kookolie en geur met sout en peper na smaak. Kook tot sag.

5. Sodra die lewer gebraai is, braai die uie in dieselfde olie tot bruin.

6. Voeg die lewer en uie saam.

7. Kook die aartappels in kookwater met ’n knypie sout. Sodra die aartappels sag is, druk die aartappels fyn en voeg ’n bietjie botter en melk by.

8. Sit die beeslewer en uie met kapokaartappels voor.

Roly-poly met groente

Roly-poly met groente
Roly-poly met groente
  • 1 kg brooddeeg
  • 1 groot ui
  • groen, geel en rooi soetrissies
  • 800 g kaas
  • 2 eetlepels fyn knoffel

1. Rol die deeg plat uit.

2. Verf die oppervlak van die deeg met ’n bietjie botter.

3. Rasper al die bestanddele apart in verskillende bakke.

4. Sprinkel ’n bietjie knoffel, uie en kaas oor die platgerolde deeg.

As jy wil, kan jy ook ander groente of hoender of polonies byvoeg.

5. Rol die deeg met vulsel op om ’n rol te maak en sny dit in ringe.

6. Besprinkel met nog gerasperde kaas en bak 45 minute teen 180 °C in die oond.

  • Nuwe episodes van Heerlik halaal is elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.