Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Blomkoolbredie en Broodpoeding

In hierdie week se episode van Kaap, Kerrie en Koesister kuier twee jong skrywers, wat troos bring aan baie mense deur hul swaarkrystories te vertel, by die Sydow-susters. Die gaste is Chelsea Goliath en Thaakirah Mohamed. Kaap, Kerrie en Koesisters, elke Maandag om 17:00 op VIA (kanaal 147).

RESEP

Blomkoolbredie | Foto: Kaap, kerrie & koesisters kookboek van Human & Rousseau.

Blomkoolbredie

Bestanddele

  • 10 stukke lams- of beesbredievleis
  • 3 uie, gekap
  • 4 e olie
  • 2 t sout
  • 2 heel rissies
  • 2 wonderpeperkorrels (all spice), opsioneel 
  • 1 kaneelstok
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 1 e gemaalde swartpeper
  • 2 koppe blomkool
  • ’n paar aartappels, geskil en in blokke gesny

Metode:

1) Verbruin die vleis en uie in verhitte olie in ’n groot kastrol.

2) Voeg die res van die bestanddele (buiten die blomkool en aartappel) en ’n bietjie warm water by en laat prut oor medium hitte vir sowat 40 minute tot die vleis amper sag en baie bruin is.

3) Voeg die groente en ’n koppie warm water by en laat prut tot die aartappels sag is. Sit voor met rys, ’n sambal en atjar.

Broodpoeding

Smaaklike, en maklike, broodpoeding!
Smaaklike, en maklike, broodpoeding!

Bestanddele

  • 3 eiers
  • ¾ k suiker
  • ’n druppeltjie vanieljegeursel
  • kaneel en kardamom (fyn of heel)
  • 1½ k melk
  • snye rosyntjiebrood gesmeer met botter en konfyt


Metode

1) Roer alles bymekaar (behalwe die brood) tot al die suiker opgelos is.

2) Pak die brood in ’n vierkantige gesmeerde oondbak. Giet die mengsel oor en druk die brood af sodat dit heeltemal bedek word. Laat staan vir 10  minute.

3) Bak vir 40 minute by 180 grade Celsius.

4) Sit voor met vla of room.



In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsust
In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele KaapsMaleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek. Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.