Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Blosende oondgestoofde kwepers, die lui manier

As ek ’n meevaller kwepers kry, berei ek ’n groot hoeveelheid op hierdie maklike manier – geen geskillery of klokhuis-uitsnyery nie. Dit hou twee weke in die yskas, net reg vir ontbyt, bykos of nagereg. Die orige stroop kan by sodawater of vonkelwyn gevoeg word vir ’n lieflike pienk drankie.

Wat jy benodig

  • 8-12 kwepers, afhangende van grootte
  • 900 ml warm water
  • 350 g suiker
  • ’n paar repe suurlemoenskil en/of lemoenskil
  • kies 1 of 2 van die speserye na keuse: vanieljepeul, kaneelstokkie, heel wonderpeper, lourierblare, naeltjies, steranys.

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 160 °C. Was die kwepers en vryf die donsies af. Sny die kwepers in die helfte of hou dit heel as die kwepers aan die kleiner kant is. Plaas die kwepers in ’n oondpan, giet die water oor en sprinkel dan die suiker oor. Voeg die speserye en suurlemoenskil by. Bedek goed met aluminiumfoelie en bak sowat 3-4 uur totdat die kwepers doeksag is en die stroop ’n diep robynrooi.

Haal uit die oond. Giet die stroop deur ’n sif en verkoel voordat dit in die yskas geplaas word. 

Opdienvoorstelle: Bedien met jogurt of hangkaas en gekapte pimperneute. Vir ’n Turkse geur, voeg ’n druppel of twee goeie rooswater by. Ook heerlik met geklopte room, vla of vanieljeroomys.

Meer oor:  Resep  |  Kwepers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.