Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Bobotie, dis mos ons almal se kos!

Daar was onlangs ’n groot debat in Die Burger oor die oorsprong van ons geliefde bobotie. Daardie lekker gespeseryde maalvleisbroodjie met sy eiervlakors.

Dis mos nou koningskos, ongeag wat dié meneer se herkoms nou eintlik is. Foto: Lise Beyers

Ja, dit is interessant, die talle kenners asook leke se sieninge oor bobotie se herkoms. Ek blaai dus onlangs juis hieroor deur boeke in my kleine biblioteek – onder andere Renata Coetzee se The South African culinary tradition en Hilda Gerber se Traditional cookery of the Cape Malays. Twee baie insiggewende boeke.

Maar, waarin ek nou meer belang stel, is om weer vir ’n slag bobotie te eet. En al moet ek dit self sê, ek maak nogal ’n mooi ene in my boepenspotjie oor die kole.

Lise Beyers

Wanneer ek buitelandse gaste onthaal, trakteer ek hulle graag met ons tradisionele kosse hier vanuit die Kaap. En net soos wat ons hele nasie met die reënboog-verfkwas geskilder is, so ook is ons kosse – en dit behoort immers aan ieder en elk van ons.

Jy benodig:

  • 1 kg maalvleis (’n mengsel van bees en skaap wen eerste prys)
  • 1 groot uit, fyngekap
  • 1 dik sny brood
  • 1 koppie melk
  • 1 e. appelkooskonfyt
  • 4 e. suurlemoensap
  • 80 g saadlose rosyntjies
  • 2 e. matige kerriepoeier
  • 1 e. borrie
  • 80 g gevlokte amandels
  • 2 ekstra groot eiers
  • Sout en peper na smaak
  • Suurlemoen of lourierblare

So maak jy:

  • Braai die uie in ’n bietjie olie oor lae hitte vir tien minute tot byna deurskynend.
  • Week die brood in die helfte van die melk. In ’n mengbak, meng die maalvleis, kerrie­poeier, konfyt, rosyntjies, uie, amandels, die geweekte brood en sout en peper na smaak goed deur, maar wees versigtig om nie die vleis te oorwerk nie. Indien hierdie mengsel die vorige aand gemaak en laat staan word, is dit nog beter.
  • Smeer jou potjie of oondskottel met ’n bietjie olie en plaas jou vleismengsel daarin en druk dit af sodat dit egalig in die pot sit, maar nie te styf gepak nie.
  • Ek is nou maar so dat ek enigiets eerder oor ’n vuur sal gaarmaak – dus plaas ek my potjie oor ’n warm bedding kole en los hom so met sy deksel op vir ongeveer 25 minute. Indien jy die oond verkies, plaas jou oondskottel in die oond wat verhit is tot 180°C, ook vir 25 minute.
  • Klits die eiers en die res van die melk saam met ’n bietjie sout en peper. Giet dit dan oor die vleismengsel wat begin gaar word het en rangskik ses suurlemoen- of lourierblare bo-op.
  • As jy die potjie-manier gebruik, plaas die deksel weer op die pot en skep ’n grafie vol kole daarop. Laat die bobotie vir ’n verdere 20 minute bak totdat die kors mooi bruin is.
  • Bedien jou lekkerte met geelrys en al die ander kerrie bykosse soos blatjang, sambal en piesang in jogurt.

Geniet dit!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.