Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Boontjiebredie met pampoenmoes

In VIA se kosprogram Maklik met Marinda gee Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis. In die jongste aflewering kom kuier Success Lekabe, aanbieder van Tussen ons, om boontjiebredie, pampoenmoes, en malvapoeding te maak.

Boontjiebredie

Bestanddele

1,5 kg stowevleis (lam of bees)

2 uie in ringe gesny

1 blik tamaties

10 ml komyn (opsioneel)

5 naeltjies

250 ml witwyn

300 ml warm water

100 ml Worcestersous

60 ml asyn

sout en peper na smaak

3 aartappels in blokkies gesny

1 kg groenbone

bietjie neutmuskaat

Metode

Jy kan die vleis vir 25 minute tot 30 minute in die stoompot stoom.

Braai uie in olie tot glaserig.

Braai die komyn saam met die uie.

Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die Worcestersous en naeltjies.

Laat dit kook vir sowat 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by. En as dit te dun is, verdik met ’n bietjie mielieblom (Maizena).

Gooi die aartappels by en kook vir nog 20 minute.

Laastens kom die gesnipperde boontjies, sout en peper by.

Kook tot alles sag, maar nie pap is nie.

Pampoenmoes

 Lekabe-Pampoenmoes

Bestanddele

1 botterskorsie

10 snye brood

250 ml botter

125 ml kaneelsuiker

sout en peper

Metode

Skil en sny die botterskorsie in dik snye.

Smeer die brood dik met botter en sny in driehoeke.

Pak ’n lag botterskorsie, ’n laag brood, en strooi kaneelsuiker, sout en peper tussen die lae.

Herhaal die lae en eindig met ’n laag botterskorsie.

Stip botter oor die boonste laag kaneelbrood.

Bedek met foelie en bak vir 60 minute by 180 °C.

Haal foelie af en bak vir nog 5 minute.

Malvapoeding

 Lekabe-Malvapoeding

Bestanddele

Poeding

15 ml botter

125 ml suiker

1 eier

250 ml koekmeel

125 ml melk

30 ml appelkooskonfyt

5 ml koeksoda opgelos in 15 ml asyn

Sous

250 ml room

125 ml suiker

125 ml water

5 ml vanieljegeursel

Metode

Room die botter en suiker goed.

Klits die eier en voeg by.

Voeg droë bestanddele om die beurt by met die melk.

Voeg konfyt by.

Voeg koeksoda wat opgelos is in asyn by.

Bak by 180 °C vir 30 minute. Prik met ’n vurk.

Maak die sous: kook alles saam tot suiker opgelos is en gooi oor die poeding.

Nuwe episodes van Maklik met Marinda word elke Woensdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 17:00.

Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.