Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Botterskorsie-koeskoesslaai met harissa
Foto: Karla Janse van Vuuren

Dié slaai is propvol smaak, en is geskik vir vegetariërs. Dit is heerlik as bykos by braaivleis, en die harissa sorg vir ’n interessante kinkel. Voeg spek of gaar hoender by as jy ’n vleiseter is vir ’n heerlike ligte middagete.

Wat jy benodig

  • 500 g botterskorsieblokkies
  • olyfolie
  • sout en peper
  • 1-2 e. harissa-pasta*
  • 250 g koeskoes
  • 10 ml aftrekselpoeier (groente

of hoender)

  • die sap en skil van 1 suurle-

moen

  • ’n handvol roket, grofgekap
  • 1-2 wieletjies feta
  • 4 sprietuie, gekap
  • 2 e. rooibosbessies (cranberries)

Maak dan só

Plaas die botterskorsie in ’n oondvaste bak en sprinkel olyfolie en sout en peper oor. Rooster by 180 °C vir sowat 30 minute totdat dit gaar is en die punte begin karamelliseer. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Voeg harissa na smaak by die botterskorsie en roer versigtig deur.

Plaas die koeskoes in ’n bak met ’n styfpassende deksel. Maak die aftreksel aan met genoeg kookwater om die koeskoes net-net te bedek. Giet dit oor die koeskoes en sit die deksel op – laat dit eenkant staan tot opgepof en gaar. Roer deur met ’n vurk om enige klonte te verwyder.

Maak ’n slaaisousie deur die sap van een suurlemoen, sowat 2 e olyfolie en harissa na smaak deeglik te meng.

Plaas die gaar koeskoes in ’n opdienbak en voeg die suurlemoenskil, sprietuie, gekrummelde feta en gekapte roket by. Roer laastens versigtig die botterskorsie by en drup die sous oor. Garneer met die bosbessies en sit voor. * Harissa-pasta is by die meeste supermarkte beskikbaar – dit is gewoonlik in ’n glasbotteltjie by die pesto’s op die rak. Proe die een wat jy koop voordat jy daarmee begin kook; party het meer skop as ander. Jy kan dit ook met ’n bietjie olyfolie verdun as dit baie dik is. Voeg dan die hoeveelheid by wat in jou smaak val.

Meer oor:  Resepte  |  Slaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.