Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Briam – Griekse geroosterde groente
Griekse geroosterde groente

Benut somergroente só.

Wat jy benodig

  • 2 groot murgpampoentjies, in ringetjies gesny
  • 3 aartappels, geskil, gehalveer en in dun halfmaan-skyfies gesny
  • 1 soetrissie, ontpit en in skyfies gesny (opsioneel)
  • 1 medium eiervrug, in dun halfmaan-skyfies gesny (opsioneel)
  • 1 ui, geskil en in dun skyfies gesny
  • 80 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 200 g blikkie gekapte tamatie
  • 80 ml fyngekapte pietersielie
  • 5 ml elk sout en swartpeper

Maak dan só

Voorverhit die oond na 180°, terwyl jy die groente voorberei.

Plaas die groente in ’n 30 cm bakplaat. Voeg die olyfolie, knoffel, tamatie, aartappel, sout, peper en pietersielie by, meng dit goed deur. Die groente moet nie te beknop in die pan wees nie, en verkieslik in ’n enkellaag lê. Bak vir 30 minute, meng die groente deur (indien te droog, giet ’n baie klein bietjie water by). Bak nog 30 minute tot die aartappel gaar is.

Laat dit vir sowat 10 minute afkoel voor jy dit bedien.

Meer oor:  Resep  |  Groente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.