Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Cannelloni gevul met springbok

Die cannelloni wat met flenter-springbokskouer gevul is, kan saam met ’n glasie van Alvi’s Drift se shiraz bedien word. Die resep lewer ongeveer 16 cannelloni-stukkies, wat genoeg vir vier mense is.

Wat jy benodig:

  • 100 g skaapstertjies
  • 1 groot ui, opgesny
  • 2 knoffelhuisies, opgesny
  • 500 g springbokskouer (enige soortgelyke wildsvleis sal werk)
  • 4 wortels, fyn opgesny
  • 500 ml (2 koppies) rooiwyn
  • 500 ml (2 koppies) hoenderaf-treksel
  • 250 ml (1 koppie) port/cape tawny (die port kan met 2 hande rosyntjies vervang word)
  • 2 loerierblare
  • 2 t. fyn komyn
  • 2 t. vinkel
  • olyfolie
  • 10 heel peperkorrels
  • 1 t. sout
  • 250 ml room
  • 100 g parmesaankaas (en ekstra vir die tafel)
  • cannelloni (3-4 per persoon)

(Droë cannelloni is in winkels beskikbaar. Ek het vars pasta gemaak. Gebruik vars pastablaaie van 7 cm breed en 12 cm lank.)

Maak dan só

Verhit ’n pot. Braai die skaapstertjies tot ligbruin en verwyder uit die pot. Braai die ui en knoffel in die skaapstertjievet tot ligbruin en verwyder uit die pot.

Braai die vleis in olyfolie tot ligbruin. Voeg al die bestanddele behalwe die room, parmesaankaas en cannelloni in die pot en prut vir twee tot drie uur of tot die vleis maklik flenter en al die vog afgekook is. Voeg water by ná ’n uur of twee indien die pot droog gekook het. Roer gereeld aan die einde om vasbrand te voorkom.

Laat die vleis afkoel en verwyder alle bene sorgvuldig. Maak seker die vleis is afgekoel, maar nie yskaskoud nie, anders gaan dit moeilik in die pasta gestop word.

Bring ’n groot pot met water en ’n teelepel sout tot kookpunt en kook die cannelloni tot gaar. Die droë cannelloni sal langer kook. Die vars pasta hoef net 3-4 minute gekook word. Skep uit en plaas, geskei van mekaar, op ’n bord met ’n bietjie olyfolie op. Laat afkoel.

Verhit die oond tot 200°C.

Stop die cannelloni, indien jy gedroogde winkelcannelloni gebruik, met die vleis of rol die vars, gaar cannelloni met vleis binne in en rangskik in die oondbak wat met olyfolie gesmeer is. Giet die room bo-oor die cannelloni en sprinkel die parmesaankaas oor.

Bak vir ongeveer 30 minute of tot die cannelloni ligbruin is.

Meer oor:  Resep  |  Kos En Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.