Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Crème brûlée

Jy benodig (maak 12 individuele nageregte in 9 cm-ramekins):

  • 1 liter vars room
  • 250 ml suiker
  • 10 ml vanielje-ekstrak
  • 7 eiergele
  • strooisuiker

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 150 °C.

2. Klits die suiker, vanielje-ekstrak en eiergele saam in ’n mengbak tot dik, romerig en liggeel.

Foto: THE HUSSAR GRILL

3. Giet die room in ’n kastrol en verhit oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer totdat dit amper wil begin kook. Verwyder dan dadelik van die hitte.

4. Voeg die warm room by die eiergeelmengsel terwyl jy aanhoudend roer tot deeglik gemeng (dis belangrik om deeglik en aanhoudend te roer, anders gaan jy soet roer­eier maak!). Giet die vla deur ’n sif (indien daar enige klonte is).

5. Giet die vla in die ramekins; maak dit sowat ¾ vol. Plaas die ramekins in ’n bain marie (waterbad) en giet kookwater in tot halfpad teen die kant van die ramekins op. Bedek met foelie en bak vir 20 minute.

6. Haal versigtig uit die oond, verwyder uit die waterbad en verkoel vir minstens twee uur (verkieslik oornag).

7. Maak die karamelbolaag net voordat jy die nagereg wil voorsit. Om dit te doen, sprinkel ’n dun lagie strooisuiker eweredig bo-oor elke nagereg en karamelliseer met ’n kombuis-blaasvlam (kitchen blow torch).– Resep verskaf deur The Hussar Grill

Eetplesier

deur Karla Janse van Vuuren

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.