Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Denningvleis

Jy benodig (genoeg vir 4-6 porsies):

  • 15 ml kookolie
  • 3 groot uie, in baie dun
  • skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 brandrissie, opgekap
  • 8 wonderpeperkorrels (allspice)
  • 1 kg lamstjops of dunrib of boudvleis, in groterige stukke gesny, afgewas
  • 15 ml swartpeper
  • 5 lourierblare
  • 10-30 ml bruinsuiker
  • 500 ml water
  • 5 ml sout
  • 20 ml tamarynwater, bruinasyn of suurlemoensap
Foto: Henk Hattingh

Só maak ’n mens:

1. Verhit die olie oor matig-hoë hitte en voeg die uie, knoffel, rissie en wonderpeper by. Kook vir 5 minute, terwyl jy gereeld roer totdat die uie mooi bruin en deurskynend is.

2. Voeg die vleis, swartpeper en lourierblare by, en braai tot die vleis oraloor goed bruin is.

3. Voeg die suiker by en net soos die vleis wil-wil begin vassit aan die boom van die pan, voeg 250 ml water bietjie vir bietjie by en dan die sout. Roer goed en krap enige skraapsels liggies van die boom af.

4. Sodra die vog verdamp het, hou aan roer tot die vleis weer bruin raak – voeg nou die tamarynwater by. Plaas die deksel op en kook 3 minute op hoog, maar wees versigtig dat die vleis nie brand nie. Verminder die hitte na matig en voeg die orige 250 ml water by. Prut stadig tot sag, sowat 40 minute.

5. Geur na smaak met sout en peper. Pas die soetsuur-balans aan na smaak, óf met ’n bietjie suiker óf nog tamarynwater of asyn. Sit voor saam met geelrys of kapokaartappels.

Meer oor:  Denningvleis  |  Resep  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.