Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Doekpoeding
Doekpoeding

Ná 27 jaar het die gewilde resepteboek Boerespyse ’n nuwe baadjie gekry: Hartskombuis: Boerekos van die ABO tot vandag. Die resep vir doekpoeding is in dié boek te vind.

Die lus na dié tradisionele Kerspoeding het ’n groepie krygsgevangenes in Deadwood-kamp op St. Helena oortuig om self hul hand aan die besonderse nagereg te waag. Omdat die hoeveelhede vir gestoomde poeding so groot was en geskikte houers nie destyds bestaan het nie, is die poeding in ’n doek gestoom.

Jy benodig:

  • 45 ml (3 e) brandewyn
  • 15 ml (1 e) sjerrie
  • 150 g (1 k) sultanas
  • 150 g (1 k) korente
  • 150 g (1 k) pitlose rosyne
  • 360 g (3 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 2 ml (½ t) fyn kruienaeltjies
  • 140 g (2 k) vars brood­krummels
  • 15 ml (1 e) botter
  • 250 ml (1 k) niervet
  • 4 eiers
  • 200 g (1 k) suiker
  • 100 ml melk

Só maak ’n mens:

1. Meng die brandewyn en sjerrie. Week die vrugte oornag daarin.

2. Sif die meel, bakpoeier, sout, gemmer, ­kaneel en kruienaeltjies saam. Voeg die broodkrummels by en roer deur. Vryf die botter

en niervet by die meelmengsel in.

3. Klits die eiers en suiker goed saam. Meng die eiermengsel by die meelmengsel in om ’n stywe deeg te vorm. Voeg die melk by.

4. Voeg die vrugte by en meng deeglik. Die deeg moet styf wees, anders sak al die vrugte af en lê aan die onderkant van die poeding.

5. Plaas die deeg in ’n voorbereide doek (sien onder*) en stoom drie uur. Laat die poeding afkoel voordat jy die doek verwyder. Sit voor saam met brandewynsous.

Hoe om poeding in ’n doek te stoom:

1. Maak ’n ongebleikte linnedoek met water klam en smeer dit deeglik met harde vet.

2. Sprinkel ’n dik laag koekmeel bo-oor en skud die doek liggies.

3. Skep die deeg in die middel van die doek en maak dit styf vas met tou. Laat genoeg ruimte om te rys.

4. Plaas ’n hittebestande bord op die boom van ’n kastrol om te voorkom dat die doek en poeding aanbrand. Maak die kastrol een derde vol water. Verhit tot kookpunt.

5. Plaas die poeding op die bord in die kookwater. Sit die deksel op die kastrol en stoom die poeding. Moenie die deksel in die eerste uur oplig nie. Vul die water aan soos nodig.

Hartskombuis: Boerekos van die ABO tot vandag bevat meer as 100 resepte en is ook propvol geskiedkundige brokkies en pragtige foto’s.
Hartskombuis
Hartskombuis bevat meer as 100 resepte vir alles van boereworspastei tot tamatiebredie en ’n magdom nageregte en gebak. Dit is ook propvol geskiedkundige brokkies en pragtige foto’s van voorwerpe uit die ­Anglo-Boereoorlog. Die boek word deur Tafelberg uitgegee en is in boekwinkels beskikbaar teen R300. 

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.