Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Frikkadelle met gemmerkoekies
Foto: Ian du Toit

Lewer 8 groot of 12 middelgroot frikkadelle.

Wat jy benodig Frikkadelle

  • 500 g maalvleis
  • 125 ml suurroom
  • 1 pakkie bruinuiesoppoeier
  • 60 ml vars wit- of bruin-broodkrummels
  • 2 eiers, geklits
  • 3 ml sout

Sous

  • 50 g gemmerkoekies (ongeveer
  • plus ekstra vir garnering
  • 30 ml tamatiesous
  • 30 ml asyn
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • 50 g sultanas of korente
  • 15 ml kookolie
  • 250 ml vleisaftreksel

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Frikkadelle: Meng alles deeglik. Vorm die frikkadelle en plaas in ’n gesmeerde oondskottel.

Sous: Meng alles en skep oor die frikkadelle. Sit ’n deksel of aluminiumfoelie oor en bak vir 30 minute. Haal deksel of foelie die laaste 5 minute af. Strooi met opdiening nog gebreekte gemmerkoekies oor.

Meer oor:  Kos  |  Resep  |  Frikkadelle  |  Versit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.