Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Gebakte kweper en witwortel

As ’n mens die kweper kook voordat jy dit bak, is die tekstuur romerig en sag. Die witwortel (parsnip), soms net so onderskat soos kweper, se soetigheid kom na vore as dit in die oond gebak word. Dit kan met geelwortel vervang word.

Wat jy benodig

  • 3 kwepers
  • 500 g witwortels
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml komynsaad, verdeel
  • 2,5 ml borrie
  • 4 stukke makataan of verglansde gemmer, fyngekap en 60 ml stroop uit die flessie 
  • 50 g neute soos okkerneut, pekanneute of amandels, drooggerooster en gekap
  • 1 ui, van pool na pool in dun skywe gesny (hou die wortelpunt heel)

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Verhit ’n groot kastrol met water terwyl jy die kwepers voorberei.

Was die kwepers met lou water en skrop die donsies af. Sny die kwepers in die helfte deur en dan in dik skywe. (Jy kan die harde klokhuis verwyder, as jy wil.) Soos jy dit sny, dompel die gesnyde stukke in ’n bak water met ’n bietjie suurlemoensap in sodat dit nie verkleur nie.

Kook die kweperskywe vir sowat 20 minute tot ampertjies sag as jy met ’n mes daarin druk. Dreineer en laat dit droog stoom in die vergiettes. Kook die witwortel vir 3-4 minute, dreineer en laat droog stoom.

Meng die olie, die helfte van die komynsaad, borrie, gekapte makataan- of gemmerstukke en stroop, sout en peper op ’n groot bakplaat. Voeg die gekookte kwepers en witwortel by, meng liggies deur die oliemengsel. Bak tot goudbruin en gekaramelliseer, sowat 25 minute. Hier en daar kan die kweper en witwortel op die punte effe begin swart brand.

Terwyl dit bak, verhit olyfolie in ’n pan, voeg die orige komynsaad by, soteer die uie stadig tot sag en goudbruin. Keer die groente versigtig uit op ’n dienbord en garneer met die gebraaide uie en geroosterde neute.

Meer oor:  Kweper  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.