Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Geposjeerde koningklip

In VIA se kosprogram Heerlik halaal kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken.

±¹?y8Û

In dié episode: Irfaan Abrahams is ’n hoërskoolonderwyser van Bay View, maar vandag gee hy klas in die kombuis. Gadija en Mymoena leer hoe om sy geposjeerde koningklip voor te berei.

±¹?y8Û

Bestanddele

  • 500 g koningklip
  • 1 blikkie klappermelk
  • 1 koppie melk
  • vars salieblare
  • sout na smaak
  • peper na smaak
±¹?y8Û

Metode

1. Sny die koningklip in dik stukke.

2. Gooi sout en peper oor die stukke.

3. Gooi die melk en klappermelk in ’n pot, voeg die vars opgekapte salieblare by en sit op die stoof.

4. Wanneer die melk warm is, voeg die vis by.

5. Posjeer totdat die vis gaar is.

6. Maak die sous dik met Maizena, en bedien saam met die vis.

±¹?y8Û
  • Nuwe episodes van Heerlik halaal wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.