Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Gestoofde jenewerbessie-springbokskenkel

Die jagtersgereg kry sy dieplekkerte van ure in die oond, speserye en goeie rooiwyn.

Johnny Hamman (links) en Marius Uys inspireer Errieda om ’n kosvriendelike Bordeaux-versnit te skep. Foto: Ian du Toit

Wat jy benodig

Springbokskenkel:

  • 30 ml jenewerbessies
  • 15 ml koljandersaad
  • 15 ml wonderpeper
  • 5 ml karwysaad
  • 6 ml komynsaad
  • 15 ml sout
  • 2 kg springbokskenkel
  • 250 ml koekmeel
  • 150 ml kookolie
  • 3 uie, in kwarte
  • 3 stingels seldery, opgekap
  • 500 g waterblommetjies
  • 1 knoffelbol, geskil
  • 500 ml groenteaftreksel
  • 500 ml Blaauwklippen-rooiwyn
  • Skil en sap van 1 suurlemoen
  • 1 kg wortel, grofgekap

Bief-kragsop:

  • 1 liter Usana-biefkragaftreksel
  • 5 ml jewenerbessies

Rooibos-aartappels:

  • 4 aartappels, geskil
  • 10 rooibosteesakkies
  • 2 l water
  • 10 ml sout

Maak dan só

Springbokskenkel: Maal jenewerbessie, koljander, wonderpeper, karwy- en komynsaad saam tot fyn poeier. Plaas speserye, meel en sout in ’n rits-plastieksak en skud tot goed gemeng. Plaas skenkels in die sak en skud tot heeltemal bedek.

Verhit olie in ’n gietysterpot met deksel en verbruin skenkels oor matige hitte tot goudbruin.

Haal skenkels uit die pot, voeg seldery, uie en waterblommetjies by en soteer oor lae hitte tot die uie deurskynend is, maar nie verkleur nie. Kneus elke knoffelhuisie met die plat kant van ’n mes en soteer oor baie lae hitte om die knoffelgeure in die olie vry te stel sonder om te brand. Voeg skenkels terug in die pot saam met groenteaftreksel, wyn, suurlemoensap en -skil en waterblommetjies. Bak bedek by 150 °C vir 3 uur. Voeg wortels ná 2 uur by.Biefkragaftreksel:Voeg kragaftreksel, tiemie of roosmaryn en jewenerbessies in ’n kastrol en kook stadig die helfte af. Giet deur ’n sif en hou eenkant.Rooibos-aartappels: Sny aartappels in blokkies van 2 cm. Kook rooibosteesakkies in die water tot baie sterk. Voeg sout en aartappelblokkies by die tee en kook tot sag (behou teewater*).

Die springbokskenkel, rooibos-aartappel en tempura-waterblommetjies opgedien. Foto: Ian du Toit

Tempura-waterblommetjies

  • 500 g waterblommetjies
  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml bruismeel
  • Rooiboswater* wat oorgebly het van die aartappels
  • Sout en peper

Maak so: Sif mele saam en geur. Voeg sowat 1 liter rooiboswater stadig by tot loperige dekbeslag ( slurry ) vorm. Klonte is oukei.

Doop waterblommetjies in dekbeslag en diepbraai in 180 °C olie vir 2 minute.

Om te bedien: Pak diepborde op werksblad uit. Plaas ’n skenkel in elkeen met ’n skeppie wortel en hier en daar ’n stuk ui en ’n paar waterblommetjies mooitjies bo-op, dan ’n ruim spatsel sous. Pak aartappelblokkies rondom vleis en groente met ’n tempura-waterblommetjie langsaan.

Vul jou beste teepot met warm jenewer-kragaftreksel en skink vir elke gas 100 ml kragsop.

Meer oor:  Skenkel  |  Bessies  |  Resep  |  Vleis  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.