Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Gevulde varkdikrib

Die vleis word 48 uur lank gemarineer en dit moet in die beplanning bygereken word.

Gevulde dikrib. Foto: Myburgh du Plessis

Jy benodig:

  • Vir die vleis:
  • 3 kg ontbeende varkdikrib
  • 10 ml sout
  • 2 ml peper
  • 25 ml heuning
  • 12 ml asyn
  • 1,5 kg baba-aartappels
  • 25 ml koekmeel
  • pynappelringe en glanskersies vir garnering

Vir die appelvulsel:

  • 5 repe spekvleis, gebraai en fyngekap
  • 250 ml vars broodkrummels
  • 5 ml gekapte uie
  • 5 ml gekapte pietersielie
  • 375 ml ingemaakte appels
  • 2 ml peper
  • 5 ml sout
  • 2 ml droë tiemie
  • 1 ml fyn naeltjies
  • 5 ml marjolein
  • ’n knippie neutmuskaat

Vir die marinade:

  • 750 ml witwyn
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 6 heel kruienaeltjies
  • 8 peperkorrels, gekneus
  • 4 lourierblare
  • 1 pietersielietakkie
  • 25 ml koekmeel

Só maak ’n mens:

1. Verwyder buitenste vel van die vleis en plaas die vleis met die velkant na onder.

2. Meng al die bestanddele vir die vulsel en smeer dit oor die vleis. Rol die vleis op en bind op gereelde afstande met tou vas.

3. Meng al die bestanddele vir die marinade en marineer die vleis 48 uur lank in die yskas. Draai die vleis gereeld.

4. Haal die vleisrol uit die marinade en druk die vleis goed droog. Behou 375 ml van die marinade.

5. Verhit ’n groot pot oor warm kole en braai die vleis tot rondom bruin. Voeg die sout, peper, heuning, asyn en die 375 ml marinade by.

6. Plaas die deksel op en prut 2 uur lank oor stadige kole of tot die vleis sag is. Voeg die aartappels by en prut nog 30 minute of tot dit sag is.

7 Meng die meel met ’n bietjie koue water en roer dit by die sous in die pot. Prut stadig tot die sous dik is. Haal die vleis uit die pot, verwyder die tou en garneer met pynappel en glanskersies.

Meer oor:  Resep  |  Vark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.