Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Granola vir beet, sop

’n Baie veelsydige granola om veganis-geregte soos slaaie of sop op te kikker. Maak sommer ’n groot hoeveelheid aan en bêre dit in ’n fles. Dis veral lekker gesprinkel oor gebakte beet.

Wat jy benodig

  • 20 g pampoensade
  • 20 g sonneblomsaad
  • 20 g hawermout
  • 10 g klapperstukkies
  • 15 ml sesamsaad
  • 5 ml swart komyn- saad
  • 2,5 ml gerookte paprika 
  • mespunt rooipeper
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml olyf- of klapper-olie
  • 10 ml plantaardige versoeter soos esdoring- of agavestroop

Maak dan

Voeg al die bestanddele buiten die stroop in ’n pan en rooster tot die sade begin kraak. Voeg die stroop by en meng deur. Sprei die granola uit in ’n bakplaat, uitgevoer met waspapier. Laat afkoel.

Meer oor:  Granola  |  Resep  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.