Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Groenertjiepesto
Foto: Myburgh du Plessis en Berna Coetzee

Heerlik met gerookte vis, hemels by lamsvleis.

Wat jy benodig:

Lewer ongeveer 1,25 liter pesto

  • 750 ml bevrore groenertjies
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 ml gerasperde gruyèrekaas
  • ongeveer 180 ml olyfolie (meer indien nodig)
  • 100 g geroosterde kasjoe- of makadamianeute
  • sap van 1 groot suurlemoen (meer indien nodig)
  • groot handvol vars basiliekruidblare, grof gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Maak dan só:

Giet ’n ketel vol kookwater oor die ertjies in ’n bak en laat staan vir 7 tot 10 minute. Dreineer goed.

Sit die ertjies in ’n voedselverwerker saam met die knoffel, kaas, olyfolie, neute, suurlemoensap, basiliekruid en ’n bietjie sout en peper. Pols tot die pesto gemeng is.

Proe vir geur en voeg nog suurlemoensap, sout of peper by, indien nodig. Hou die verwerking kort as jy ’n growwe pesto verkies.

Sit die ertjiepesto voor saam met olyfbrood en gevlokte, gerookte snoek. Skep in ’n fles, bedek en verkoel vir tot 2 dae.

Meer oor:  Groenertjiepesto  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.