Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Groenvyetert

Hierdie resep het ek aangepas uit die kerkboekie Koninklike geregte, wat die AGS Sustervereniging van Durban-Sentraal in 1975 uitgegee het.

Foto: Ian du Toit

Wat jy benodig

Krummelkors

  • 1 pakkie (200 g) Tennis- beskuitjies of Marie- beskuitjies, gekrummel
  • 80 ml gesmelte botter

Vulsel

  • 7,5 ml gelatien
  • 25 ml koue water
  • 1 groot blik (380 g) ingedampte melk
  • 3 eiers, geskei
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 125 ml grofgekapte okkerneute of pekanneute
  • 125 ml grofgesnyde groenvye-konfyt, of vervang met gemmerstukke
  • geklopte room, neute en groenvyekonfyt vir versiering

Maak dan só

Kors: Meng die koekiekrummels en botter en druk dit teen die boom van ’n tertbak vas – die onderkant van ’n glas werk goed.

Vulsel: Week die gelatien in die koue water.

Verhit die ingedampte melk tot kookpunt. Klits die eiergele en die helfte van die suiker baie goed saam. Roer die eiermengsel by die melk en haal van die plaat af. Roer die geweekte gelatien by en laat afkoel tot effens gestol. Voeg die gekapte neute en gesnipperde groenvye by.

Klits die eierwitte met die res van die suiker tot stywe punte vorm. Vou die meringue by die gelatienmengsel en skep dit bo-op die kors.

Versier met room en neute en sirkels groenvyekonfyt.

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.