Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Heerlike seekospaella

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Heerlik halaal kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken – en hulle wil hê niehalaal-eters moet saamsmul. Dié resep is halaal-vriendelik, maar kan deur almal geniet word.

Junaid
Junaid Leverzencie

In dié episode: Junaid Leverzencie is ’n skoolhoof met ’n liefde vir hengel, maar wat ewe veel genot agter die kospotte ervaar. Gadija en Mymoena leer hoe om sy geurige seekospaella te maak.

Seekospaella 

Seekos paella en Mossels

Bestanddele

  • 1 pak steurgarnale
  • 2 porsies skelvis, in blokkies gesny
  • ½ pak gedopte mossels
  • 1 pak gemengde seekos
  • ½ wit ui
  • 1 rooi ui
  • 1 groen, geel en rooi soetrissie
  • koljander
  • knoffel
  • paprika
  • seekosspeserye
  • komyn
  • gemaalde, droë brandrissies
  • rys-speserymengsel
  • peper
  • sout
  • basmatirys
  • knoffelbotter
  • olyfolie

Aanwysings

1. Braai die uie in die olyfolie en knoffelbotter tot sag.

2. Voeg die soetrissies by en braai vir ’n verdere 5 minute.

3. Sorteer die gemengde seekos sodat die tjokka, vis, seekat, mossels en krapstokkies afsonderlik van mekaar is.

4. Voeg die tjokka, seekat en vis by die soetrissies, smoor vir 5 minute en meng vars knoffel by die mengsel in.

5. Voeg ’n ½ teelepel elk van die paprika, seekosspeserye, komyn, gemaalde brandrissies, rysspeserye, peper en sout by.

6. Meng nou die skelvis en garnale by en prut vir 5 minute (voeg water by indien nodig).

7. In ’n aparte pot, kook die basmatirys tot deels gaar en verlaag die hitte.

8. Voeg nou die pakkie gedopte mossels en krapstokkies by die rys, asook nog van die seekos-speserye.

9. Prut vir 10 tot 15 minute totdat die rys sag is.

10. Meng die rys by die res van die seekos in en strooi met vars koljander.


Mossels en romerige knoffelsous

Seekos paella en Mossels

Bestanddele

  • 1 pak mossels
  • knoffel
  • ½ rooi en wit ui
  • 1 groen, geel en rooi soetrissie
  • seekosspeserye
  • ½ pakkie sampioensop
  • ½ pakkie knoffel-en-kruie-aartappelgebak
  • 1½ k melk
  • klein houertjie room

Aanwysings

1. Smoor die uie en soetrissies en voeg dan die vars opgekapte knoffel by.

2. Meng die pakkies sampioensop en aartappelgebak met ’n koppie melk tot romerig.

3. Voeg die mengsel by die uie, peper en knoffel.

4. Draai die hitte laer en voeg die room en ’n ½ koppie melk by.

5. Prut vir 5 minute.

6. Voeg die mossels by en prut vir ’n verdere 5 tot 7 minute.

7. Strooi ’n bietjie vars koljander bo-op die gereg en bedien.

  • Nuwe episodes van Heerlik halaal wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Via  |  Resep  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.