Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Heuninggemarineerde varkkortribskywe
varkkortribskywe
Heuninggemarineerde varkkortribskywe.

Jy benodig (genoeg vir 6) 

  • 500 g varkkortribskywe

Sous:

  • 125 ml (½ k) heuning
  • 60 ml (4 e) balsamiese asyn
  • 60 ml (4 e) donkerbruinsuiker
  • 30 ml (2 e) tamatiepuree
  • 125 ml (½ k) appel- of appelkoossap
  • 125 ml (½ k) olyfolie
  • 30 ml (2 e) fyngedrukte knoffel
  • 5 ml (1 t) gerookte paprika
  • sout en peper na smaak

Só maak ’n mens: 

1. Meng al die bestanddele vir die sous. Smeer dit oor die kortribskywe en marineer oornag. Jy kan ook die kortribskywe in die sous vries vir latere gebruik.

2. Braai oor die kole tot gaar. Smeer van tyd tot tyd ekstra sous oor terwyl die vleis rooster.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.