Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Hoenderkebabs met jollof-rys

’n Heerlike, geurige maaltyd en jy kan die hoeveelhede maklik verdubbel as jy vir ’n skare moet kosmaak.

Foto: Gerrie Janse van Vuuren

Jy benodig (genoeg vir 4):

Vir die kebabs:

  • 2-3 hoenderborsies, in groot blokkies gesny
  • 1/3? k ongegeurde volroom jogurt
  • ¼ k olyfolie
  • sap en skil van 1 groot sappige suurlemoen
  • 1 e vars (of gedroogde) origanum
  • 2-4 knoffelhuisies
  • 1 t sout
  • ½ t swartpeper
  • 1 rooi ui, in groot stukke gesny
  • 1 groot murgpampoentjie in dik skywe gesny
  • 1 rooisoetrissie, in groot stukke gesny

Vir die jollof-rys:

  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 e klapperolie
  • 1 lourierblaar
  • ½ t neutmuskaat
  • ½ t fyn kaneel
  • 3-4 e tamatiepuree
  • 300 g basmatirys, vir 30 minute in koue water geweek en dan gedreineer en afgespoel
  • 200 ml klappermelk
  • 375 ml hoenderaftreksel
  • sout, na smaak
  • ekstra water, soos benodig

Só maak ’n mens:

1. Begin met die kebabs. As jy houtsosatiestokkies gaan gebruik, week dit 30 minute in koue water om te keer dat dit brand. Plaas die hoenderblokkies, jogurt, olyfolie, suurlemoenskil en -sap, origanum, knoffelhuisies, sout en peper saam in ’n mengbak en roer deur sodat die marinade die vleis deeglik bedek. Sit ’n deksel op die bak en marineer 30 minute of tot drie uur in die yskas.

2. Maak die rys terwyl die vleis marineer. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai dan die ui, knoffel en lourierblaar ’n paar minute.

3. Voeg die speserye by en braai nog ’n minuut tot geurig. Voeg die tamatiepuree by en braai 30 sekondes.

4. Voeg die gedreineerde rys by en roer deeglik sodat die tamatiemengsel die rys deeglik bedek.

5. Voeg die klappermelk en aftreksel by en roer deeglik.

Verlaag die hitte, sit ’n deksel op en laat prut tot gaar. Dit is baie belangrik dat jy gereeld roer (elke minuut of so) en nog kookwater byvoeg indien dit te droog begin lyk. Die rys brand baie maklik aan vanweë die tamatie, so hou maar ’n skerp oog. Proe die rys gereeld, jy sal weet wanneer dit gereed is (dit moet gaar, maar nie papsag wees nie). Pas die smaak aan met nog sout en peper indien nodig. Hou die rys eenkant totdat jy dit wil voorsit.

6. Om die kebabs te maak, ryg die hoenderblokkies, soetrissies, rooiui en murgpampoentjies om die beurt op die stokkies – begin en eindig met hoenderblokkies. Gooi die oortollige marinade weg. Braai oor matige kole of in ’n riffelpan vir sowat 10-15 minute tot gaar. Draai dit gereeld.

7. Om voor te sit: Skep die jollof-rys op ’n opdienbord en rangskik die sosaties bo-op. Sit dadelik voor.

– Aangepas van recipesfromapantry.com en foodiecrush.com.

Meer oor:  Hoenderkebabs.Rys  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.