Wat jy benodig
- 45 ml olie
- 1 ui, fyngekap
- 8 eiers
- 125 ml melk
- 4 ml sout
- 1,5 ml rooipeper (cayenne)
- 60 ml sprietuie
- 60 ml vars kruie soos pietersielie of dille
- 125 ml gekrummelde feta
- 1 bossie spinasie (sowat 500 g), stronke verwyder, verwelk in pan en water uitgedruk

Frittata
Maak dan só
Voorverhit oond na 180 °C.
Verhit die olie in ’n oondvaste pan oor ’n matige, hoë hitte en soteer die uie tot sag en deurskynend terwyl jy nou en dan roer virsowat 5 minute.
Klits in ’n aparte bak die eiers saam met die melk, sout en peper; moenie te veel klits nie.
Giet die eier by die gesoteerde uie en saam met al die ander vulselbestanddele in die pan. Kook oor matige hitte tot die mengsel net begin wegtrek van die pan, vir so 5 tot 7 minute. Plaas in die oond en bak sowat 16 minute tot gestol. Garneer met ekstra kruie. Eet warm of teen kamertemperatuur.
Wenk: Voeg na hartelus vulselbestanddele in ’n kombinasie van jou eie keuse by die eierbasis – solank dit gaar groente is.