Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Impala-rugstring op die kole met shiraz, konfyt

Hierdie impala-rugstring op die kole met shiraz en appelkooskonfytsous is ’n goeie pasmaat vir Babylonstoren se shiraz.

Die rugstring word eers op die kole geseël wat dit ’n heerlike rokerige en gebraaide geur gee en word dan in die oond klaar gaargemaak.

Foto’s: MARTELIZE BRINK

Wat jy benodig

Genoeg vir 4-6 mense

  • 200 ml eendvet (kan met botter vervang word)
  • 100 ml worcestersous
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en peper na smaak
  • 1 kg impala-rugstring (dit kan met byvoorbeeld springbok of gemsbok vervang word)

Sous:

  • 1 mediumgrootte ui, fyn gesny
  • 500 ml kookwater
  • 500 ml rooiwyn
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 30 ml worcestersous
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 5 jenewerbessies
  • 2 takkies vars tiemie (of ’n teelepel droë tiemie)
  • 1 t. botter
  • sout en peper na smaak (voeg sout aan die einde van die kookproses by, indien nodig)

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die eendvet met die worcestersous, suurlemoen, sout en peper.

Maak jou vuur en wag tot jy met lekker warm kole sit.

Smeer die rugstring met die eendvet-mengsel en hou die res byderhand om die rugstring te bedruip terwyl dit op die kole seël.

Wees versigtig, die eendvet sal die vuur laat opvlam. Dit sal ook die rugstring maklik laat brand indien jy dit nie dophou nie.

Braai die rugstring aan alle kante vir ongeveer vier minute of totdat dit karamelliseer en ’n bruin, bros kleur ontwikkel.

Plaas die rugstring in die oond en bak vir 15-20 minute. Toets met ’n kostermometer of die vleis gaar is deur dit so twee sentimeter in die vleis in te druk. Mik vir 50-55°C vir die vleis om pienk binne in te wees. Vir medium tot gaar, 60°C.

Vir gaste wat van ’n gaarder vleis hou, kan hul aparte porsies weer in die oond gaan of in ’n pan gaarder gebraai word.

Vir die sous: Plaas die fyn ui in ’n pan, voeg twee koppies kookwater by en kook tot die ui deurskynend is en die water afgekook het. Dit maak die ui sag en soet.

Voeg die res van die bestanddele by die pan en prut totdat die sous gehalveer het.

Roer die botter aan die einde by.

Sny die rugstring in porsies en bedien met die sous.

Meer oor:  Resep  |  Kos En Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.