Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Jongertjiesop met roket en roomkaas

Lewer 6 porsies

Wat jy benodig:

  • 1,25 liter kookwater
  • 5 ml sout
  • 1 pak (ongeveer 4 koppies) bevrore jongertjies
  • ½ ui
  • 1 heel selderystingel
  • 250 ml vars roketblare, grof gekap
  • 125 ml gerasperde parmesaankaas
  • ’n skeut vars suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Spekroomkaas

  • 3 repies spekvleis, fyn gesnipper
  • 100 g ongegeurde roomkaas
  • ’n paar teelepels melk of suurroom

Maak dan só:

Sit die water, sout, ertjies, ui en seldery saam in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Prut vir 5 minute. Haal die ui en seldery uit en gooi weg. Voeg die roket, parmesaankaas en suurlemoensap by en verpulp die sop tot glad. Geur na smaak met sout en peper.

Vir die spekroomkaas: Braai die spek in ’n droë pan tot gaar en bros.

Skep uit en dreineer op kombuispapier. Klop die roomkaas met ’n bietjie melk of suurroom om dit effens sagter te maak. Klop die spek by.

Skep ’n lepel van die spekroomkaas onder in elke sopbakkie en skep die vuurwarm ertjiesop bo-op.

Meer oor:  Roket  |  Jongertjiesop  |  Aandete  |  Resep  |  Roomkaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.