Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Kaas-en-biltong-skepskons

Hierdie skons word nie uitgerol en met ’n skondrukker gevorm nie, maar die beslag word met ’n lepel op die bakplate geskep. Dis lekker vinnig om te maak en heerlik vir ontbyt of sommer as ’n vinnige happie.

Jy benodig (maak ongeveer 10 skons):

  • 500 ml bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml suiker
  • 3 ml sout
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 250 ml fyngerasperde
  • cheddarkaas
  • 125 ml fyn biltong
  • 1 eier
  • 100 ml melk
  • 100–125 ml water
  • 60 ml olyfolie
  • Paprika, om oor te sprinkel

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Smeer of bespuit liggies met kleefwerende kossproei.

3. Meng die bruismeel, bakpoeier, suiker, sout en mosterdpoeier saam. Voeg die kaas en biltong by en meng liggies.

4. Klits die eier, melk, water en olyfolie saam, en voeg dit by die droë bestanddele. Meng tot ’n sagte skepdeeg.

5. Skep groot lepels vol van die deeg op die voorbereide bakplaat en sprinkel ’n bietjie paprika oor elke skon. Bak vir 10–15 minute (baktyd sal afhang van die grootte van die skons) tot goudbruin en deurgaar.

6. Sit louwarm voor met botter, ekstra kaas en fyn biltong.

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.