Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Kardemom-malvapoeding

Jy benodig (genoeg vir 8-10 porsies):

  • 3 eiers
  • 250 ml suiker
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 50 ml asyn
  • 25 ml suurlemoensap
  • 600 ml koekmeel
  • 12,5 ml koeksoda
  • 12,5 ml bakpoeier
  • 5 ml fyn kardemom (elachi) – jy kan dit met kaneel vervang
  • ’n knippie sout
  • 400 ml melk

Sous:

  • 180 g botter
  • 200 ml room
  • 300 ml suiker
  • 200 ml kookwater
  • 3 ml fyn kardemom
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondroosterpan goed.

2. Klits die eiers en suiker tot lig van kleur en dik. Voeg die appelkooskonfyt, asyn en suurlemoensap by, en meng goed.

3. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier, kardemom en sout saam en voeg hierdie droë mengsel om die beurt met die melk in sarsies by die eiermengsel. Roer ná elke byvoeging.

4. Giet die beslag in die gesmeerde pan en bak vir 30-40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

5. Sous: Verhit al die bestanddele vir die sous saam oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut 5 minute oor matige hitte.

6. Steek die gebakte poeding vol gaatjies sodra dit uit die oond kom en gooi die warm sous oor.

7. Sit dit voor saam met roomys of vla.

Meer oor:  Malvapoeding  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.