Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Kersietamatie-agrodolce in die oond gerooster vir pasta-aand

Die diepgeroosterde taai oondsappe van die tamatie en ander intense smaakmakers bring die hartstog van Fellini na pasta-aand. Vlei die kleure met ’n pienk somerwyn soos Du Toitskloof Pinotage Rosé.

Lewer 4 groot porsies.

Jy benodig:

  • 1 kg ryp kersie-tamaties
  • 1 brandrissie, pitte verwyder en fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, grofgekap
  • 15 ml strooisuiker
  • 1 hand vol basilie-kruidblare, geskeur
  • 2 takkies vars origanum
  • sout en peper
  • 30 ml tamatie-puree
  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml rooiwynasyn
  • 15 ml kappertjiesaad, pekel afgespoel
  • 45 ml swart olywe, ontpit en gekap (opsioneel as jy kappertjiesaad gebruik)
  • 1 hand vol platblaarpietersielie, gekap
  • 350 g spaghetti of pasta van jou keuse

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 190 °C.

Sprei die tamaties uit op ’n groot oondpan.

2. Sprinkel die fyngekapte rissies, knoffel, strooisuiker, basielkruid, origanum, sout en peper daaroor en skep blertse tamatiepuree bo-oor.

3. Sprinkel die olyfolie oor en rooster vir 45 minute tot sag en effe swart geskroei op plekke.

4. Sprinkel die asyn oor en laat effe afkoel.

5. Druk die tamaties fyner, roer die kappertjiesaad, olywe (indien gebruik) en pietersielie by.

6. Kook pasta, dreineer en hou ’n paar lepels van die pastawater in die pot.

7. Giet pasta terug in die pot en roer agrodolce-tamatiesous by. Rond af met ’n vlaagreën pecorino.

Meer oor:  Resepte  |  Pasta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.