Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Kossie Sikelela se groentesop met gort

Wat jy benodig

  • sonneblomolie
  • 2 groot uie, gesnipper
  • 3 medium wortels, opgesny
  • 2 toontjies knoffel, fyngekap
  • 1 bos seldery, opgesny
  • 2-3 preie, in dun ringetjies gesny
  • 2-3 medium aartappels in stukkies gesny
  • 200 g gort
  • 2 lourierblare
  • 1 takkie tiemie
  • sout en witpeper na smaak
  • vars pietersielie, gekap

Maak dan só

Gooi net genoeg olie in jou pot om die bodem te bedek en sweet die uie en knoffel daarin totdat dit net-net begin bruin word en begin karamelliseer.

Voeg water, gort, tiemie en lourierblare by. Prut oor lae hitte vir 30 minute.

Voeg die wortel, aartappel, seldery en prei by. Kook tot net sag, nie papsag nie.

Geur met sout en witpeper na smaak en sit voor bestrooi met die gekapte vars pietersielie.

Sop en brood word in outydse skottels bedien by Kossie Sikelela.Foto’s: IAN DU TOIT
Meer oor:  Groentesop  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.