Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Kreef-thermidor

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Heerlik halaal kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken – en hulle wil hê nie-halaaleters moet saamsmul. Dié resepte is halaal-vriendelik, maar kan deur almal geniet word.

In dié episode: Wanneer Yasmeen Allie kreef-thermidor maak, lek haar familie en vriende hul lippe af. Sy wys vir Gadija en Mymoena hoe om dié gereg sonder witwyn te maak.

Kreef-thermidor

Bestanddele

  • 4 heel krewe
  • 1 eetlepel Fisherman’s Spice
  • kookwater

Vir die sous

  • Volg dieselfde resep vir witsous as vir die resep vir die spinasiegereg hieronder.
  • 1 eetlepel Engelse mosterd

Vir die bolaag

  • 400 g kaas, gerasper
  • grasuie en pietersielie vir garnering
x

Metode

1. Gooi kookwater in ’n pot saam met Fisherman’s Spice en die krewe. Kook vir tien minute.

2. Verwyder die pot van die hitte en laat dit afkoel.

3. Berei die witsous voor en voeg een eetlepel Engelse mosterd by die mengsel.

4. Breek die kreefdop oop en verwyder die dermpie wat in die middel van die stert afloop.

5. Bedek die kreef met die sous en garneer met die kaas, grasuie en pietersielie.

6. Bak vir 10 minute teen 180 °C.

Spinasie met witsous

  • 1 groot bos spinasie
  • 1 ui
  • 2 eetlepels olyfolie
  • Sout en peper na smaak
x

Metode

1. Kap die ui en spinasie fyn. Hou eers die spinasie eenkant.

2. Braai die uie in olyfolie tot deurskynend.

3. Voeg die gekapte spinasie by en roer deur.

4. Sit die deksel op en prut vir 8 tot 10 minute tot sag.

5. Voeg sout en peper by en hou die spinasie dan eenkant terwyl die witsous voorberei word.

Vir die witsous

  • 125 g botter
  • 4 eetlepels meel
  • Sout en peper na smaak
  • 250 ml melk
  • 125 ml room

Metode

1. Smelt die botter en roer die meel bietjies-bietjies by om ’n roux te maak. Roer aaneen om klonte te voorkom.

2. Voeg die melk en room geleidelik by terwyl die mengsel deurentyd geroer of geklits word tot dik en romerig.

3. Voeg sout en peper na smaak by.

4. Meng die witsous met die spinasie.

Soet botterskorsie

x

Bestanddele

  • 2 kaneelstokkies
  • 2 mediumgrootte opgekapte botterskorsies
  • 100 g botter
  • 4 teelepels suiker
  • 125 ml water

Metode

1. Smelt die botter saam met die kaneel tot verbruin.

2. Voeg die suiker by en roer ononderbroke.

3. Meng 125 ml water by die mengsel en voeg die opgekapte botterskorsies by.

4. Stoom tot sag.

Saffraanrys

  • 3 koppies basmatirys (geweek en afgespoel)
  • 1 ½ liter kookwater
  • ¼ teelepel saffraanpoeier
  • Sout na smaak
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 teelepel saffraandrade
  • botter

Metode

1. Bring die water, olyfolie en saffraanpoeier tot kookpunt en voeg dan die sout by.

2. Kook vir 5 minute.

3. Roer die rys by en kook vir 10 minute tot sag.

4. Week die saffraandraadjies in ’n teelepel water.

5. Dreineer die gekookte rys en gooi terug in die pot.

6. Skep ’n paar klonte botter en saffraandrade bo-op die rys en laat dit ’n rukkie stoom voordat die saffraandrade deur die rys geroer word.

  •  Nuwe episodes van Heerlik halaal wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.