Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Lam-akni

Dié potjiekosresepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se supergewilde kosprogram Laat die potte prut.

Die resep hier onder is een van Laat die potte prut se wenspanne, Die Plain Janes.

Nuwe episodes is Donderdae om 20:00 te sien, met heruitsendings Vrydae om 19:00 en Saterdae om 20:30.

lam

Hoofpot: Lam-akni

  • 1½ kg lamsveis
  • 1 kg basmatirys
  • 1 k olie
  • 3-4 uie, gekap
  • 125 ml botter
  • 1 k koljander, gekap
  • 50 ml karringmelk
  • 50 ml akni-mengsel (gekoop)
  • 4 kardemomsade
  • 4 stokkies kaneel
  • 4 steranys
  • 4 vars kerrieblare
  • 3 t wonderpeper
  • 3 naeltjies
  • 3 lourierblare
  • 20 ml vars groenrissie, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 20 cm vars gemmer, geskil en gekap
  • 5 aartappels, geskil en gehalveer
  • sout, na smaak
  • 2 k water

Metode

1. Marineer die vleis in die karringmelk en die akni-speserye vir ’n halfuur (of oornag).

2. Laat die rys in water lê (sowat ’n halfuur).

3. Braai die uie, knoffel, gemmer en rissies met die droë speserye en kruie tot bruin.

4. Voeg die vleis en die res van die speserye, kruie en sout in die pot. Laat prut vir een uur.

5. Gooi daarna die aartappels in die pot.

6. Was die rys af en gooi in die pot.

7. Gooi die water by en laat prut stadig vir so 20 minute. 8. Gooi dan die botter en koljanderblare bo-op die rys en sit die deksel op.

9. Laat stoom stadig vir sowat een uur op matige kole.

Mal oor potjiekos? Jy kan nou die Laat die potte prut-kookboek op Takealot koop.

Die boek spog met meer as 100 resepte vir voorpotte, hoofpotte, na-potte en bypotte.

Meer oor:  Via  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.