Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Lamsboud-potjie

Dié potjieresepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se supergewilde kosprogram Laat die potte prut. Die resepte hieronder is deur een van Laat die potte prut se wenspanne, #7441.

Nuwe episodes van Laat die potte prut wys elke Maandag om 20:30 met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 17:30.

Lamsboudpotjie

Bestanddele

1 lamsboud

6 – 8 knoffelhuisies

6 – 8 roosmarynblare

vars kruisement

1 bottel rooiwyn

sout en peper, na smaak

Vir die marinade:

3 e blatjang

3 e mayonnaise

3 e tamatiesous

3 e braaisous van jou keuse

Metode

Met ’n skerp mes, druk ’n paar gate in die lamsboud en vul die gate met knoffelhuisies, roosmarynblare en kruisement. Verbruin die lamsboud in ’n pot oor matige hitte en voeg dan die wyn by. Laat die potjie vir ongeveer twee ure prut, maar hoe langer hoe beter. Voeg nog rooiwyn by indien nodig. Geur die potjie met sout en peper elke halfuur.

So 30 minute voor die einde, voeg die marinade by en laat die pot verder prut tot die vleis van die been afval.

Die #7441-span het hul potjie met potbrood, gebakte aartappels, broccoli, en botterskorsie bedien.

Meer oor:  Via  |  Kos En Wyn  |  Potjiekos  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.