Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Lekker cordon bleu-balle

RESEP: Lekker cordon bleu-balle

Cordon bleu beteken “blou lint”, ’n Franse term vir kos en sjefs van die hoogste orde. Die Kokkedoortjie-wenner Edwin Theron het hierdie weergawe by Fowlers op sy tuisdorp Worcester leer maak.

Die cordon bleu-balle en sampioensous.

Die beesfilet kan vervang word met dy (silverside) of binneboud (top­side); of gebruik ontbeende hoenderborsies of varkfilet.

Genoeg vir vier mense.

Wat jy benodig

* 800 g filet

* sout en peper 

* 150 g ham, fyngekap

* 160 g wit cheddar of gouda, gerasper

* 2 eiers, liggies geklits met ’n goeie spatsel melk

* 200 g broodkrummels, gegeur met sout, peper en pietersielie

* olie vir diepbraai

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die filet in dun medaljons; hoe dunner die stuk vleis waarmee jy begin, hoe minder hoef jy dit plat te slaan.

Plaas elke sny filet tussen 2 velle waspapier en slaan plat met ’n rolstok, nie te hard nie, anders breek jy die vesels. Hou die dikte egalig, sowat 6 mm.

Maak ’n paar kepies in die vleis, sodat dit makliker kan oprol.

Geur met sout en peper na smaak.

Plaas die ham in die middel van elke stuk vleis, en bo-op ’n handvol kaas. Vou die vleis oormekaar oor die vulsel en vorm dit in ’n bal.

Steek vas met tandestokkies.

Plaas twee sopborde langs mekaar met geklitste eier in die een, en broodkrummels in die ander.

Doop die balle in die eier en rol dan in die fyn broodkrummels.

Maak die olie stadig warm in ’n kastrol, of gebruik ’n diepvetbraaier.

Braai die balle in die warm olie tot goudbruin.

Plaas dit op ’n bakplaat of oondvaste pan en bak vir 15 minute in die oond. Bedien dadelik met sous en aartappelwiggies.

Wenk: Mozzarella, emmenthaler, gruyère of enige kaas wat maklik smelt, kan gebruik word.

Sampioenroomsous

Wat jy benodig

* 300 g sampioene, dun gesny

* 30 ml botter of olie

* 300 ml room

* sout en peper

* 1 of 2 knoffelhuisies, fyngekap

(opsioneel)

Maak dan só

Verhit die botter of olie in ’n mediumgroot pan oor hoë hitte. Voeg gesnyde sampioene by en roerbraai tot liggies verbruin.

Verminder die hitte na medium, voeg die room, sout en peper by en laat liggies kook tot die room met die helfte verminder. As jy wil, voeg ’n geperste knoffelhuisie of 2 by en kook nog ’n minuut.

Proe en geur na smaak.

Meer oor:  Kokkedoortjie  |  Edwin Theron  |  Franse Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.