Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Lemoenpoeding op die vuur

Hierdie poeding raak baie stadig gaar en neem tyd, so beplan daarvoor. Begin deur die sous eerste te maak. Dit werk goed in ’n diep driepootpotjie.

Hierdie lemoenpoeding word in ’n sitrussous gaar en proe heerlik saam met vla. Foto: Adele Myburgh

Bestanddele

Sous:

  • 250 ml suiker
  • 375 ml warm water
  • 37 ml (3 eetlepels) botter
  • 12,5 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
  • 1,5 ml (¼ teelepel) sout

Beslag:

  • 1½ koppie (375 ml) meelblom
  • 2½ teelepel (12,5 ml) bakpoeier
  • ½ koppie (125 ml) melk
  • ½ koppie (125 ml) botter
  • ½ teelepel (2 ml) sout
  • ½ koppie (125 ml) suiker
  • 1 geklitste eier
  • 1 eetlepel (12,5 ml) marmelade

So maak jy

Meng al die bestanddele vir die sous in jou potjie en bring dit tot kookpunt. Hou dit warm terwyl jy die beslag vir die poeding aanmaak.

Klop die suiker, eier en botter tot romerig. Voeg marmelade by. Sif die droë bestanddele saam en meng melk by.

Skep die beslag in die warm stroop, plaas die deksel op en laat dit stadig bak vir 1½ uur, of tot gaar. Trek die potjie effens weg van direkte hitte, maar plaas ’n paar kooltjies op die deksel en sorg dat daar gedurig genoeg kole rondom die potjie is. Moenie die deksel afhaal tydens die bakproses nie, anders sal die poeding platval.

Bedien met vla of roomys.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Poeding  |  Resep  |  Lemoen  |  Braaidag2020  |  Vuur  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.