Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Maak só voor-, hoof-, én nagereg met filodeeg

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis.

In dié episode is die motiveringspreker, radioaanbieder en skrywer Johan van Lill aan die kook saam met Marinda. Sy leer hom hoe om met filodeeg te werk en maak ’n Griekse feta-en-spinasie-spanakopita.

Spanakopita

Spanakopita
Spanakopita

Bestandele

  • 1 pak filodeeg
  • 500 g babaspinasieblare
  • 4 sprietuie
  • 1 rooi-ui
  • 3 knoffelhuisies
  • ’n knippie neutmuskaat
  • 100 g goeie fetakaas
  • 100 g ricottakaas
  • 2 eiers geklits
  • swartpeper
  • 60 ml vars, gekapte dille
  • 125 ml gesmelte botter

Metode

1. Blansjeer die spinasie in warm water en druk al die oortollige water uit.

2. Braai die rooi uie, sprietuie en knoffel in ’n pan en skep dit by die spinasie.

3. Voeg die res van die bestanddele by behalwe die gesmelte botter.

4. Verhit die oond tot 180 °C.

5. Sny die deeg in vier stroke. Sit een vel filodeeg op ’n blad. Smeer dit met botter en sit nog ’n vel bo-op en smeer dit ook met botter.

6. Skep ’n teelepel van die spinasiemengsel onder op die filo-strook. Vou die deeg oor en vorm driehoeke.

7. Smeer dit weer liggies met botter.

8. Smeer ’n bakplaat met olie en pak die driehoeke daarop. Bak dit 30 minute lank.

Hoenderlekkerte

Hoenderlekkerte
Hoenderlekkerte

Bestandele

  • 1 pak filodeeg
  • 250 g Philadelphia-kaas
  • 350 ml suurroom
  • 6 ekstragroot eiers
  • 250 ml sterk cheddar- of pecorinokaas
  • 250 g gerookte hoender, gesnipper
  • 250 ml sagte, songedroogte tamaties
  • 4 preie, gesny
  • 250 ml botter
  • sout en peper

Metode

1. Neem ’n groterige tertbak en sit vier lae filodeeg met botter gesmeer in die bak. Jy gaan later die kante invou.

2. Braai die preie in botter tot gaar.

3. Klits die Philadelphia-kaas tot sag en klits die eiers en suurroom in.

4. Meng die hoender, preie, kaas en songedroogde tamaties daarby en gooi die mengsel in die tertbak.

5. Bak dit vir 60 minute teen 180 °C.

Baklava

Baklava
Baklava

Bestandele

  • 2 pakke filodeeg
  • 600 g neute van jou keuse
  • 100 g pistachioneute
  • 250 ml botter, gesmelt
  • 30 ml fyn kaneel
  • 7,5 ml neutmuskaat
  • Die gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • Die gerasperde skil van 1 lemoen
  • Meng al die bestanddele.

Vir die stroop

Bestandele 

  • 250 ml water
  • 250 ml suiker
  • 1 suurlemoen se sap
  • 150 ml heuning
  • 1 kaneelstokkie

Metode

1. Kook die stroop 10 minute en laat dit in die yskas afkoel.

2. Smeer ’n diep bak met botter.

3. Sit agt lae filodeeg met gesmeerde botter tussenin in die bak.

4. Sit ’n dun lagie neutmengsel op die lae.

5. Sit nou ses lae filodeeg met botter tussenin gesmeer op die neute, en dan weer ’n lagie neute.

6. Herhaal dit vyf keer en eindig met agt lae filodeeg.

7. Smeer dit met botter. Sny dit met ’n skerp mes in diamantvorms.

8. Bak dit 40 minute lank teen 180 °C.

9. Giet die koue stroop daaroor as dit uit die oond kom.

  • Nuwe episodes van Maklik met Marinda word elke Woensdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 17:00.
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.