Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Maklike tuisgemaakte hoemoes
Foto: iSTOCK

Hoemoes is handig as yskasstapel vir daai lekker lui someretes.

Jy benodig:

60 ml vars suurlemoensap

60 ml tahini (sesamsaad-pasta, beskikbaar in die meeste supermarkte)

1 klein knoffelhuisie, gekap

30 ml olyfolie

½ t fyn komyn

sout, na smaak

1 blikkie kekerertjies, gedreineer en afgespoel

2-3 e water

’n bietjie paprika

Só maak ’n mens:

1. Meng die tahini en die suurlemoensap saam in ’n voedselverwerker vir sowat ’n minuut. Skraap die kante en die bodem van die bak en verwerk vir nog 30 sekondes.

2. Voeg die olyfolie, knoffel, komyn en ½ t sout by en verwerk vir 30 sekondes, skraap dan die bodem en kante en verwerk nog 30 sekondes of tot deeglik gemeng.

3. Voeg die helfte van die kekerertjies by en verwerk vir ’n minuut. Skraap die kante en bodem en voeg die res van die kekerertjies by. Verwerk tot dik en glad, sowat 2 minute.

4. As die hoemoes te dik of klonterig is, sit jou voedselverwerker aan en voeg 2-3 e water stadig by en verwerk tot die perfekte tekstuur.

5. Proe en geur met nog sout indien nodig. Sit die hoemoes voor met ’n paar druppels olyfolie bo-oor en besprinkel met paprika. Bêre in ’n lugdigte houer vir tot een week in die yskas.

– Aangepas van inspiredtaste.net

Meer oor:  Hoemoes  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.