Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Marinda Engelbrecht se gestoomde kreefstertjies met tuisgemaakte mayo

In My Kersfeeskombuis is jy die eregas in 5 spesiale episodes – kom deel in die geheime van 7 sjefs se beste Kersfees-spyskaarte.

Ons kuier by ’n gesoute koskenner soos Marinda Engelbrecht, Yolani Abrahams en die potjiekossterre Piet Marais en Frik Oosthuizen – jou mond gaan water! Skakel in op VIA (DStv-kanaal 147) op 24 Desember tussen 18:00 en 21:00 in vir die heruitsending van episodes 1, 2 en 3. Kuier saam met Marinda Engelbrecht, Fritz en Chanelle Schoon en Yolani Abrahams. Op Vrydag 25 Desember kan jy nader skuif vir Frik Oosthuizen en Piet Marais se feestafel om 17:00 gevolg deur Dorah Sitole se uithaler resepte om 18:00.

Gestoomde kreefstertjies met tuisgemaakte mayo

Gestoomde kreefstertjies met tuisgemaakte mayo
Gestoomde kreefstertjies met tuisgemaakte mayo

Bestandele

Kreefstertjies

Mayonnaise

1 jumbo-eier

15 ml wit asyn

250 ml sonneblomolie

2,5 ml sout

30 ml dragon

Metode:

1.Sit die kreefstertjies in ’n pot met kokende water. Kook totdat die dop ’n ligte oranje kleur kry. Haal uit en laat afkoel. Sny nou die kreefstertjies op die rugkant oop en haal die swart “dermpie” uit. Pak die kreef op ’n bed van blaarslaai in ’n mooi bord. Bedruip met mayonnaise. Jy kan enige ander seekos ook bysit, soos garnale en vis.Mayonnaise1. Breek die eier oop in die diep, regop beker van jou staafmenger.

2. Plaas die res van die bestanddele (behalwe die dragon) in hierdie volgorde daarin: asyn, dan olie, dan sout.

3. Druk jou staafmenger versigtig in totdat dit aan die bodem van die beker raak. Druk die knoppie dat hy begin meng en hou dit daar totdat die mengsel onder begin emulsifiseer.

4. Terwyl die menger nog aangeskakel is, trek jy dit stadig maar met mening boontoe. Soos wat dit opwaarts beweeg, sal jy sien die hele mengsel word ’n wonderlike, heerlike mayonnaise. Hou dadelik op as die menger die bokant van die bestanddele bereik het.

5. Roer die dragon by, maak die beker toe en hou eenkant tot benodig.

Beet-peer-en-bloukaas-slaai

Marinda se Beetslaai
Marinda se Beetslaai

Bestandele:

2 pererooiwyn

steranysnaeltjies

125 ml okkerneute

1 pak roketingelegde beet

1 sagte bloukaas

1 pakkie mikro-blaartjies

Balsemieke asyn

Metode:

Kook die pere in rooiwyn met steranys en naeltjies tot dit sag en rooi is. Rooster die neute vir ‘n paar minute in ‘n pan. Pak die roket op op ’n mooi slaaibord. Sny die pere in skywe.Pak nou die pere, beet en neute op die roket. Strooi die blaartjies oor en bedruip met balsemieke reduksie.



Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Kersfees  |  Slaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.