Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Mavrou en Kaaps-Maleise 'tream bake'

In hierdie week se episode van Kaap, kerrie & koesisters kom gesels die geliefde komediant Marc Lottering oor die lewe, die liefde en sy werk in ’n behoeftige gemeenskap. Kaap, kerrie & koesisters is elke Maandag om 17:00 op VIA (kanaal 147) te sien.

RESEP

Mavrou
Mavrou

Mavrou

Bestanddele

  • 90 ml olie
  • 5 uie, fyngekap
  • 5 heel naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 5 wonderpeperkorrels (pimento)
  • 4 kardamompeule
  • 4 kaneelstokke
  • 2 kg beesbredievleis
  • 8 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 2 groen soetrissies, gekap
  • 2 tamaties, geskil en gerasper
  • sout en peper na smaak
  • 30 ml (2 e) fyn komyn
  • 15 ml (1 e) fyn koljander
  • 5 vars brandrissies
  • 15 ml (1 e) suiker

Metode:

1) Verhit die olie in ’n baie groot kastrol en verbruin die uie saam met die heel speserye.

2) Voeg die res van die bestanddele by en stowe stadig vir sowat 2 uur. Voeg af en toe ’n klein bietjie water by om te keer dat dit aanbrand.

3) Die kos is gereed wanneer die vleis sag en die sous dik en bruin is. Sit voor met soet geelrys en groente van jou keuse.


Kaaps-Maleise 'tream bake'

Kaaps-Maleise “tream bake”
Kaaps-Maleise 'tream bake'

Bestanddele

  • 200 g sagte botter
  • 2 e olie
  • 1½ k suiker
  • 4 eiers
  • 2½ k koekmeel
  • 2½ t  bakpoeier
  • twee derdes k melk
  • een derde k water
  • 2 e vanieljegeursel
  • 1 t gerasperde suurlemoenskil

Metode

1) Verroom die botter, olie en suiker vir 5 minute.

2) Voeg die eiers een vir een by en meng.

3)  Sif al die droë bestanddele en voeg by die mengsel.

4) Voeg die res van die bestanddele by – moenie te veel meng nie.

5) Smeer ’n vierkantige pan en bak vir 20-30 minute by 180 grade °C. Dit is gaar wanneer ’n toetspen skoon uitkom.

6) Laat afkoel vir sowat 20 minute. Versier met karamel, room en reënboogsprinkels. Sny in blokke en sit voor.



In 'Kaap, kerrie & koesisters' neem die tweelingsust
In 'Kaap, kerrie & koesisters' neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hul grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir kos kook en bak by hulle te kweek. Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hul geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.