Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Melting Moments-koekies

In VIA se kosprogram Kaap, kerrie en koesisters kook en kuier die tweelingsusters Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow agter die kospotte om geheime uit die Kaaps-Maleise kombuis te deel.

Fatima en Gadija

In hierdie episode maak hulle heerlike Melting Moments-koekies.

Melting Moments-koekies

Melting moments-koekies

Bestanddele

  • 150 g sagte botter
  • 45 ml (3 e) kookolie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) versiersuiker
  • 375 ml (1½ k) plus ekstra 30 ml (2 e) koekmeel
  • 62 ml (¼ k) mieliemeel

Metode

1. Klits die botter met ’n elektriese klitser tot romerig.

2. Voeg die kookolie, vanieljegeursel en versiersuiker by en klits vir 2 minute. Voeg die droë bestanddele by en klits weer.

3. Skep die mengsel in ’n pypsak met ’n groot sterspuitstuk aangeheg. Spuit dan die mengsel in ’n vorm waarvan jy hou op ’n bakplaat met bakpapier.

4. Plaas dit in die yskas vir 5 minute.

5. Bak die koekies in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir 8 tot 10 minute, of totdat die kante goudbruin raak.

6. Haal dit uit die oond om af te koel.

7. Doop die koekies in gesmelte sjokolade.

Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters wys elke Donderdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147).


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.