Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Mieliekoekies en varkballetjies

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda word kitsklasse gegee aan bekendes wat sukkel in die kombuis.

In die jongste aflewering word die radioman Johan Rademan gewys hoe om ’n “rugbybord” te maak wat hy vir sy rugbyvriende kan voorsit. Hy word gewys hoe om mieliekoekies, varkballetjies met doopsous en rösti te maak.

Mieliekoekies

Mieliekoekies
Mieliekoekies

Bestanddele

  • 750 ml mieliepitte
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml suiker
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 eiers liggies geklits
  • 190 ml dikroom
  • sout en peper
  • olie vir vlakbraai
  • brosgebraaide spek vir opdiening

Metode

1. Meng die mieliepitte, meel, suiker, bakpoeier, sout en peper saam. Meng dan die eiers en room by.

2. Plaas kombuispapier op ’n bord om die mieliekoekies te dreineer nadat dit gebak is.

3. Verhit olie in ’n pan. Sodra die olie lekker warm is, skep lepels vol van die beslag in die pan. Braai sowat 2 minute aan elke kant.

4. Skep uit en dreineer op kombuispapier.

5. Braai spek lekker bros in ’n pan en krummel oor die mieliekoekies wanneer jy dit voorsit.

Varkballetjies met doopsous

Varkballetjies
Varkballetjies

Varkballetjies

Bestanddele

  • 1 eier
  • 90 ml dik room
  • 200 ml korslose dag oue brood
  • 300 g varkmaalvleis
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 5 ml wonderpeper (allspice)
  • 5 ml komyn
  • 5 ml rissievlokkies
  • 300 g beesmaalvleis
  • 5 ml bakpoeier
  • 20 ml fyngerasperde gemmer
  • sout en peper

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit ’n bakplaat op ’n oondrakkie wat goed met Spray and Cook bespuit is.

2. Klits die room en eier in ’n bak en plaas die brood daarin.

3. Plaas die varkmaalvleis en al die bestanddele behalwe die beesmaalvleis in ’n menger. Verwerk 2 minute in die menger. Krap die kante af (dit        gee frikkadelle ’n lekker fyn tekstuur).

4. Gooi die broodmengsel by en roer sowat ’n minuut.

5. Voeg die beesmaalvleis by en meng sowat 30 sekondes.

6. Maak jou hande nat met water en vorm klein vleisballetjies. Sit dit op die rakkie in bakplaat en bak sowat 20 minute of tot lekker bruin.

Doopsous

Bestanddele

  • 200 ml tamatiesous
  • 125 ml bruinsuiker
  • 30 ml water
  • 30 ml asyn
  • 60 ml worcestersous
  • 100 ml fyngekapte ui
  • 2 knoffelhuisies fyngedruk
  • 10 tot 30 ml rissievlokkies
  • sout en peper
  • Metode
  • Kook alles saam vir 10 minute totdat dit verdik.

Rösti

Rosti
Rosti

Bestanddele

  • 3 aartappels fyngerasper
  • 1 eier liggies geklits
  • 10 ml meel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • sout en peper na smaak
  • halwe ui fyngerasper
  • 2 sprietuie fyngekap
  • suurroom en biltong vir opdiening

Metode

1. Druk alle water uit die gerasperde aartappel en sprietuie.

2. Meng die res van die bestanddele by.

3. Bak 8 minute in valk olie aan elke kant.

4. Dreineer op kombuispapier.

5. Sit voor met suurroom en biltong.

  • Nuwe episodes van Maklik met Marinda word elke Woensdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en die heruitsendings is Saterdae om 17:00.
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.