Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Mossels in ’n bierroomsous

Die bier gee aan die mossels ’n onbeskryflik lekker smaak.

Mossels. Foto: Myburgh du Plessis

Jy benodig:

45 ml olyfolie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

200 g spekvleis, grofgekap

340 ml lagerbier

250 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper

1 kg mossels, skoongemaak

Só maak ’n mens:

1 Verhit die olie in ’n mediumgroot pot. Voeg die ui, knoffel en spek by en braai 5-8 minute lank of tot dit begin verbruin.

2. Voeg die bier by en prut tot die helfte van die bier weggekook is. Voeg die room by en prut nog 5 minute lank. Geur goed met sout en peper.

3. Plaas die mossels in die pot en sit die deksel op. Stoom 3-5 minute lank of tot die skulpe oopgaan.

4. Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie. Skep die res van die mossels in bakkies en sit dadelik voor.

Piet en Frik sê: Wanneer jy met bier kook, is dit altyd goed om ’n mouterige bier te gebruik. Kyk op die embleem vir IBU. Dit staan vir “International Bitter Units” en dui vir jou ’n getal tussen 10 en 60 aan. As dit nie op die embleem is nie, sal jy dit aanlyn kry. Bier onder 20 is goed om mee te kook, waar bier bo 30 baie gars in het en bitter smake aan kos verleen.

Meer oor:  Mossels  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.