Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: ’n Heerlike pot winterkos

Tot dusver het ons waarlik hier in die Boland ’n goue herfs ervaar. Die mooiste windstil, blink sonskyndae. Maar eensklaps gaan die winter ons seker nog gryp, en goed so, die droogte hier in die Kaap moet nog behoorlik gebreek word.

En dan is dit weer tyd vir lang, stadige kosmaaktye om die braaivuur, met ’n pot hartskos wat stadig oor die kole prut.

En nou dat ons weer ’n bottel wyn mag koop, gaan ek beslis my wynversameling begin opkikker met net die beste rooiwyn vanuit my dorp (die Paarl) se wingerde – die perfekte pasmaat vir winterkos.

Wanneer die kouefront al nader kruip dan raak ek lus vir ’n eenvoudige maar heerlike, sielsverwarmende pot chilli con carne.

Dis hartskos dié! Foto: Verskaf

Die meeste mense gebruik maalvleis hiervoor, maar ek sny beesstowevleis in dobbelsteentjies op en dit maak ’n daadwerklike verskil aan die dis. Klein blokkies varkvleis werk ook goed vir chilli.

Pas ook die hoeveelheid bekbrand aan soos wat jy dit verkies.

Geniet dit!

  • 1 kg bees stowevleis, in klein dobbelsteentjies opgesny
  • 1 groot ui, grofgekap
  • 1 groen soetrissie, fyngesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngesny
  • 1 e. fyn komyn
  • ½ t. fyn kaneel
  • 2 t. rissiepoeier (meer indien nodig)
  • 1 t. paprika
  • 1 t. gedroogde origanum
  • 250 ml beesaftreksel of een blikkie bier
  • 1 blik rooi nierbone
  • 1 blik geelmieliepitte
  • 1 blik tamaties
  • 2 t. suiker
  • vars koljanderblare
  • gewone jogurt
  • sout en peper na smaak

Só maak jy:

  • Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n swartpot, braai die uie en soetrissie saam tot effe sag. Voeg al die speserye en kruie by, roer oor die hitte vir twee minute.
  • Dan kom die vleis by. Wanneer dit mooi bruin is, voeg die rooi nierbone, mieliepitte, tamaties, aftreksel of bier en suiker by.
  • Laat jou pot stadig prut vir ’n uur lank. Die dis moet ’n mengel tussen ’n sop en bredie wees, so indien dit te droog lyk, voeg nog ’n klein bietjie water (of bier) by. As hy reg is dan het jy ’n heerlike pot winterkos.
  • Sit dit voor met ’n skeppie gewone jogurt bo-op, asook vars koljanderblare. En maak seker jy het vars brood of roosterkoek byderhand.
Meer oor:  Beesvleis  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.