Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Nié jou afskeepkind, dié ‘hot dog’

Ons ken hom almal – daardie nederige, langwerpige broodrolletjie met ’n stuk wors daarin gedruk en dan besmeer met ’n blerts tamatiesous, mosterd of smoor.

Die geheim van ’n goeie worsrolletjie is . . . kreatiwiteit! Foto: VERSKAF

Ja, ’n vinnige en goedkoop manier om die honger te demp, die kinders stil te hou en ’n maklike manier om iets in jou al braaiende man se maag te kry voordat hy nog ’n brandewyn en coke skink en homself voor die kassie gaan neerplons.

Maar, noem dit wat jy wil, worsrolletjie, boereworsrol of hot dog, hy hoef nie die afskeepkind van kos te wees nie. Hy kan eerder immers ’n uitspattige maaltyd wees, of dit nou vir ’n partytjie met ’n klompie goeie vriende is of langs die braaivuur op kamp.

Die fout wat gewoonlik begaan word is dat, eerstens, die goedkoopste broodrolletjies gebruik word. Tweedens is die wors wat gebruik word, beslis substandaard – en dan boonop, smaaklose no-name-brand-souse wat die wors verdrink.

Daar is nie ’n resep vir ’n goeie hot dog nie, hy maak eerder staat op kreatiwiteit en goeie bestanddele. Volg die paar wenke en blaas nuwe lewe in hierdie dikwels misgekykte lekkerte in:

  • Probeer waar moontlik vanaf ’n bakkery ciabatta- of suurdeegbroodrolletjies in die hande te kry. ’n Baguette opgesny in worsgrootte-lengtes werk ook puik. Sny die brood deur, borsel die binnekant met olyfolie en rooster tot goudbruin.
  • Kry vir jou die beste wors in die hande wat jy kan – goeie gehalte boerewors (en nie te dun nie), Duitse bockwurst, knackwurst, bratwurst of frankfurters. Braai oor die kole tot mooi bruin.
  • En dan kan jy ’n draai dwarsoor die wêreld maak vir besonderse geur vir jou worsrolletjie: Italië – gekapte tamaties met knoffel en vars basiliekruid; Griekeland – tzatziki en tamatie en komkommer; Wallis – gesmelte cheddarkaas met ’n knerts bier en mosterd by; Hawaii – gebraaide uieringe, repe soetrissie, pynappelstukkies met ’n titsel suiker en asyn by tot soetsuur; Mexikaans – guacamole, salsa en rissies vir skop; Duitsland – gesmoorde uie en suurkool; Argentinië – chimichurri-sous; Engeland – sousboontjies.

En dan, as jou idees op is, omskep jou worsrol in ’n ware dagwood, met enige iets daarop wat jy in jou yskas het.

Geniet dit!

Meer oor:  Lise Beyers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.