Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Omgekeerde appelkoekies in toffiesous

Smul aan omgekeerde appelkoekies wat swem in toffiesous.

Wat jy benodig

Appel-toffiesous

  • 90 g botter
  • 230 g bruinsuiker
  • 3 appels, geskil, stronke verwyder en in 8 wiggies gesny

Beslag

  • 45 ml water
  • 75 g botter
  • 120 ml (100 g) strooisuiker
  • 50 g fyn amandels
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 180 ml melk

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ses klein oondvaste bakkies of ramekins.

Verhit die botter en suiker in ’n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is.

Voeg appelwiggies by en kook vir twee tot drie minute.

Klits al die bestanddele vir die beslag saam met ’n elektriese klitser tot goed gemeng.

Verdeel die appels tussen die ses gesmeerde ramekins en skep 30 ml van die toffiesous oor elkeen.

Hou die res van die sous eenkant.

Giet die beslag oor getoffiede appels.

Bak vir 20-25 minute.

Laat eers een minuut afkoel en keer dan die koekies uit op borde. Sit dit voor met die res van die toffiesous en geklopte room.

Meer oor:  Room  |  Amandels  |  Appels  |  Toffiesous
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.