Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Pampoenpatat-koekies en Koolfrikkadelle

In dié week se episode van Kaap, Kerrie en Koesisters: ’n Lid van die Gift of the Givers vertel wat hulle doen om behoeftige gemeenskappe te help wat geen regeringshulp kry nie. Die gaste is Badr Khazi, Ali Sablay en Sandra Collins. Skakel elke Maandag 17:00 in vir nuwe episodes van Kaap, Kerrie en Koesisters op VIA (DStv-kanaal 147).

Koolfrikkadelle

'Kaap, kerrie en koesisters' se Koolfrikkadelle is maklik om te maak!

  • 4 e olie
  • 2 uie, fyngekap
  • sout na smaak
  • 3 murgbene
  • 3 naeltjies
  • 3 wonderpeperkorrels
  • 1 e gemaalde swartpeper
  • ½ t gemaalde neutmuskaat
  • 400 g beesbladvleis
  • 1 middelslag-koolkop, nerwe uitgesny

FRIKKADELLE

  • 800 g steakmaalvleis
  • 4 snye witbrood, in water geweek en drooggedruk
  • 1 t sout
  • 1 eier
  • 1 t gemaalde swartpeper
  • 2 e pietersielie, fyngekap

1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en voeg die res van die bestanddele, behalwe die kool, by. Stowe tot die vleis goudbruin is.

2. Voeg ’n koppie warm water by en plaas die koolblare bo-op die vleis. Stowe sowat 10 min tot die kool begin versag.

3 FRIKKADELLE: Meng al die bestanddele goed.

4. Haal die koolblare uit die aftreksel en sit elk op die kombuisoppervlak neer. Sit op elk van die vleismengsel en maak netjiese pakkies. Plaas terug in die aftreksel, voeg ’n koppie warm water by indien nodig en laat prut vir 30 minute. Sit voor met rys.

Pampoenpatatkoekies

Hierdie pampoenpatatkoekies gaan 'n treffer wees m
Hierdie pampoenpatatkoekies gaan 'n treffer wees met die hele gesin.

  • 850 g botterskorsie en soetpatat, geskil en in blokke gesny
  • botter
  • ½ teelepel sout
  • 3 e suiker
  • 2 eiers
  • 1 k koekmeel
  • 1 e vanieljegeursel
  • olie
  • kaneelsuiker

  

1. Kook die botterskorsie en patat tot gaar en gooi die water af. Voeg ’n bietjie botter by en druk fyn.

2. Meng die gaar groente met die res van die bestanddele. Braai lepels vol in vlak olie.

3. Strooi kaneelsuiker oor en sit voor.

In Kaap, kerrie en koesisters is die vrolike tweel
In Kaap, kerrie en koesisters is die vrolike tweelingsusters Fatima en Gadija passievol oor alles wat Kaaps-Maleis is. In elke episode word 'n held van hul omgewing met 'n feesmaal bederf omdat hy of sy so goed is vir die gemeenskap.

Meer oor:  Dstv  |  Via  |  Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.