Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Pandan panna cotta en vegetariese lasagne

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Heerlik halaal  kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken. Dié resep is halaal-vriendelik en almal kan dit geniet.

In dié episode: Gadija en Mymoena bring Italiaanse, Franse en Maleise geure in die professionele sjef Ammaarah Petersen se kombuis in Groenpunt bymekaar.

z

Pandan panna cotta

  • 600 ml vars room
  • ½ vanieljepeul of 2 eetlepels vanielje-ekstrak
  • ½ teelepel pandan-ekstrak
  • 125 ml strooisuiker
  • 10 g gelatien
  • 40 ml water

Bestanddele vir garnering

  • geklopte room
  • vars vrugte
  • grenadella-pulp
z

Metode

1. Verhit die vars room, strooisuiker en vanieljepeul op medium hitte.

2. Voeg gelatien by die water en smelt totdat die gelatien opgelos is.

3. Voeg die gelatien by die vars room.

4. Roer die pandan-ekstrak by die mengsel in.

5. Kook die mengsel totdat die gelatien heeltemal opgelos is. Die mengsel is gereed as dit die agterkant van ’n lepel bedek.

6. Giet die mengsel in afsonderlike ramekin-bakkies en laat dit afkoel voordat dit in die yskas gesit word.

7. Verkoel die panna cotta in die yskas vir twee uur.

8. Garneer met geklopte room, vars vrugte en grenadella-pulp.

Vegetariese lasagne

z

Bestanddele vir die vulsel

  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 pakkie (500 g) Imbo bruin lensies
  • 3 uie
  • 1 pakkie lasagne
  • 1 kaneelstokkie
  • 4 naeltjies
  • 2 steranys
  • 4 Jamaika-peperballetjies
  • 3 knoffelhuisies
  • 2 rooi brandrissies
  • 2 blikkies opgekapte tamatie
  • 50 ml heuning
  • 1 sitrusskil
  • sap van ½ suurlemoen
  • sout na smaak
  • gemaalde swartpeper na smaak
z

Metode

1. Week die lensies in water vir ongeveer 40 minute.

2. Dreineer en kook vir 30 minute tot sag.

3. Gooi die water van die lensies af en hou eenkant.

4. Verhit die olie en botter in ’n warm braaipan en voeg die speserye by.

5. Voeg die uie by wanneer die botter begin verbruin.

6. Verbruin die uie vir twee minute, voeg die knoffel en brandrissies by en laat prut.

7. Roer die blikkies tamatie by en laat dit afkook.

8. Voeg die sitrusskil, suurlemoensap en heuning by en roer liggies deur.

9. Gooi die lensies in die pot, geur met sout en peper en prut vir 5 tot 7 minute.

Roer deeglik deur.

Bestanddele vir die witsous

  • 100 g botter
  • 2 groot eetlepels meel
  • 3 Jamaika-peperballetjies
  • sout na smaak
  • 1 l melk
  • gerasperde cheddar- en mozzarellakaas
  • swartpeper
  • gemengde speserye
z

Metode

1. Voeg die Jamaika-peper en botter in ’n verhitte pot saam.

2. Klits die meel in en roer vir twee minute.

3. Voeg die melk bietjies-bietjies by en roer aanhoudend om te keer dat klonte vorm.

4. Voeg die sout na smaak by en kook vir 5 tot 7 minute totdat die sous verdik.

Bakaanwysings

1. Gebruik ’n 25 cm x 15 cm kastrol of Pyrex-bak.

2. Smeer die bodem en kante van die bak met botter uit.

3. Begin met ’n laag lasagne en skep dan die lensie-vulsel bo-op die pasta.

4. Pak weer ’n laag lasagne in die bak, asook weer ’n laag vulsel.

5. Skep dan die witsous oor en sprinkel gerasperde mozzarella- en cheddarkaas bo-oor die dis.

6. Garneer met gemengde kruie en swartpeper.

7. Bak in die oond vir 30 minute teen 180°C.

  • Nuwe episodes van Heerlik halaal wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.