Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Persiese platbrood met groewe (nan-e barbari)

Wat jy benodig
Foto’s: IAN DU TOIT

Deeg:

  • 379 ml – 397 ml* louwarm water
  • 12,5 ml kitsgis
  • 510 g Gideon Milling ongebleikte, steengemaalde broodmeel

* Gebruik minder water in klam weer en meer water in somerweer

  • Blokkie koue botter om op warm brood te smeer

Meelglasuursel (roomal):

  • 15 ml koekmeel
  • 2,5 ml suiker
  • 2,5 ml olie
  • 2,5 ml koeksoda
  • 125 ml water

Strooilaag:

  • Sesamsaad en nigellasaad (uiesaad) of papawersaad

Maak dan só

Voeg water, meel en gis in ’n staanmenger se bak en knie tot ’n gladde, redelike sagte deeg wat net effentjies aan die onderkant van die bak bly kleef.

Smeer ’n bak met olie en plaas deeg daarin. Bedek en laat rys tot dubbel die grootte, sowat 1 uur. Knie liggies af, verdeel in twee stukke en vorm elke stuk in ’n langwerpige rol van 23 cm. Bedek ligweg.

Terwyl deeg rus, maak die meelglasuursel (roomal) so: Meng die bestanddele saam in ’n kastrolletjie en kook oor matige hitte terwyl jy roer, tot die mengsel verdik en die agterkant van ’n lepel bedek, sowat 1 minuut. Hou eenkant.

Voorverhit oond tot 230 °C. As jy ’n pizzasteen het, plaas dit op die laagste rak of die oondbodem. Werk met een deegwors op ’n slag. Druk liggies plat in ’n reghoek van 35 cm x 13 cm.

Smeer van die meelglasuur oor en druk met die vingerpunte of lang houtlepel se steel 5 groewe in die lengte af. Werk ferm sonder om dwarsdeur te druk. Daar sal van die glasuursel oorbly.

Sprinkel helfte van die saadmengsel oor. Laat gly dit uit op die pizzasteen of op ’n bakplaat en plaas op die middelste oondrak. Bak 15-18 minute tot mooi diep bruin. Plaas op afkoelrak en smeer met ’n blokkie botter in ’n vurk gedruk. Herhaal met ander brood.

Skeur stukke af, verkieslik nog warm, en geniet saam met feta, olywe en komkommer.

Meer oor:  Brood  |  Kos En Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.